DERIK SCHOEMAN van Fo­ch­vil­le vra:

Weg! - - Briewe Vooraf -

Ek het dié berg­wag­ter na­by ons huis ge­sien. Dit lyk as­of daar ’n ge­was op sy ly­fie is. Hy lyk nie ge­pla daar­deur nie. Wat sê die ken­ners hier­van?

Die vo­ël­ken­ner LUKAS NIE­MAND ant­woord: Dis moei­lik om ’n po­si­tie­we di­ag­no­se te maak son­der om die vo­ël te on­der­soek, maar

een van die al­ge­meen­ste ge­was­se van die aard by vo­ëls is li­po­me. ’n Li­poom is ’n nie-kwaad­aar­di­ge ge­was waar ’n oor­maat vet­sel­le on­der die vel ge­de­po­neer word. Dit kom ver­al op die bors- en buik­a­rea van vo­ëls voor.

In die al­ge­meen is dit re­la­tief ska­de­loos, maar as die li­poom gro­ter word, kan dit die be­we­ging van die in­di­vi­du be­lem­mer.

Li­po­me word ge­woon­lik ver­oor­saak deur ’n ab­nor­ma­le di­eet of ge­ne­tie­se de­fek­te.

Ver­gro­tings kan ook die ge­volg van ’n ab­ses wees (weens in­fek­sie), maar dan het die ve­re aan die ge­was meest­al ’n nat­te­ri­ge teks­tuur. Dit kan ook ont­staan weens ’n sist, maar die mees­te van hul­le ver­toon as ab­nor­ma­le ho­ring­ag­ti­ge sak­kies wat met vloei­stof ge­vul is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.