Vin­ger­le­klek­ker?

Weg! - - Kortliks - – Al­bie Ven­ter

Die le­we in die woes­tyn is taai en die Ka­la­ha­ri – hoe­wel nie ’n woes­tyn in die wa­re sin van die woord nie – is geen uit­son­de­ring nie. Ek het dit weer met ’n on­lang­se be­soek aan die K­gala­ga­di­oor­grens­park be­sef toe ek by die wa­ter­gat in die Nos­so­brus­kamp sien hoe selfs die ko­ning van die die­re dank­baar is vir ’n “gra­tis” weg­neem­e­te.

Die e­del­valk – een van Sui­der-A­fri­ka se groot­ste en vin­nig­ste valk­spe­sies – hou in die Ka­la­ha­ri. Hul­le kry ge­woon­lik hul­le sit ’n ent­jie van ’n wa­ter­gat af en hou ’n o­gie op die hor­des vin­ke, dui­we en sand­pa­try­se wat nood­ge­dwon­ge tot in die ge­vaar­so­ne langs die oop wa­ter­gat moet be­weeg om hul­le dors te les.

Die valk slaan dan toe en vang ge­woon­lik ’n vo­ël in vlug aan die vlerk en gaan dan te­rug na sy sit­plek om dit te vreet. Maar die val­ke is nie al­tyd suk­ses­vol nie, en soms ont­snap ’n vo­ël – met of son­der be­se­rings.

’n Slag­of­fer – ’n ge­wo­ne tor­tel­duif – het ont­snap, maar kon weens ’n ge­breek­te vlerk nie vlieg nie. Hy het skui­ling in die drink­bak ge­soek. Sa­ke het vir die ar­me duif ver­er­ger toe ’n leeu­trop op die to­neel ver­skyn.

Die groot wy­fie – ’n ma van vier wel­pies – het blits­vin­nig die duif uit die wa­ter ge­tel, ’n ent­jie weg ge­loop en dit op­ge­vreet.

Ont­hou: Dit kan moei­lik wees om kos te kry in dié woes­tyn­ag­ti­ge om­ge­wing en vir leeus be­hels dit ge­woon­lik uit­put­ten­de jag­werk. Die duif was dalk net ’n hap­pie, maar dit was ’n hap­pie wat geen kos­ba­re e­ner­gie ge­verg het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.