JO­NA­THAN SNIJDER

Fu­ji­film Fi­nePix S9500

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

TOAST SÊ: Jo­na­than is net 13 jaar oud, maar dis dui­de­lik dat hy reeds oe­fen om ’n Weg- fo­to­graaf te word! Hier­die is ’n baie ti­pie­se fo­to wat jy van tyd tot tyd in Weg sien: ’n Voer­tuig wat ie­wers op ’n ag­ter­pad gruis gooi.

Jo­na­than het die fo­to op va­kan­sie ge­neem – hul­le ge­sin was by die Fai­r­bairn-gas­te­plaas in die Ma­cle­ar-dis­trik, Oos-Kaap.

Die Fu­ji­film Fi­nePix S9500 is teen hier­die tyd al ’n ve­te­raan­ka­me­ra. Dis in 2005 uit­ge­reik (dis net so oud soos jy, Jo­na­than!), maar dui­de­lik kan dit nog fo­to’s neem dat dit klap.

Hier­die ka­te­go­rie ka­me­ra word su­per­zoem- of brug­ka­me­ras ge­noem. Hul­le kom­bi­neer ge­woon­lik ’n goeie in­ge­bou­de zoem met funk­si­o­na­li­teit wat mak­lik is om te ver­staan. Jy kan dit ook met ge­moeds­rus op die ou­to­mo­dus sit en laat waai, Me­raai.

Om­dat Jo­na­than die voer­tuig in die mid­del van sy raam het, sou dit mak­li­ker ge­wees het vir die ka­me­ra se ou­tofo­kus om sy werk te doen. Die s­tof wat op­ge­skop word, gee die fo­to ka­rak­ter. Dis ’n goeie ak­sie­fo­to om­dat hy ook ge­noeg spa­sie voor die voer­tuig (na regs) ge­los het so­dat dit be­weeg­ruim­te het. Wees ver­sig­tig om ver­al vin­nig­be­we­gen­de voor­wer­pe te knap te raam.

Goeie werk, Jo­na­than!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.