S­te­ak­bur­ger met ta­ma­tie-en­ris­sie­kon­fyt

Weg! - - Kuierkos Braaivleis -

Vir 6 Voor­be­rei­tyd 15 mi­nu­te Kook­tyd 2 uur

Hier­die ta­ma­tie­kon­fyt is heer­lik op bur­gers en e­ni­ge brood­jie met vleis. Dit kan warm of koud be­dien word. In­dien jy ’n lo­pe­ri­ger teks­tuur ver­kies, kan jy dit ver­sap.

Jy be­no­dig

• 1 kg dun ste­aks (soos mi­nu­te of skirt) • 4 eet­le­pels s­ri­ra­cha­sous • o­lyf­o­lie • 6 brood­rol­le­tjies • bot­ter te smeer • 2 han­de vol slaai­bla­re,

soos ro­ket­bla­re • grow­we­sout en ge­maal­de

swart­pe­per

VIR DIE KONFYT • 2 uie, fyn­ge­kap • 1 eet­le­pel ko­myn • 2 eet­le­pels o­lyf­o­lie • 2 brand­ris­sies • 1 tee­le­pel vars gem­mer,

ge­ras­per • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap • 1 kop­pie rooi­wyn­a­syn • 1 kop­pie bruin­sui­ker • 2 blik­ke (410 g elk) ge­kap­te

ta­ma­ties • 1 eet­le­pel ta­ma­tie­pas­ta

Só maak jy

1 Maak eers die konfyt deur die ui en ko­myn in die o­lyf­o­lie oor lae hit­te te so­teer tot­dat dit sag en deur­sky­nend is – on­ge­veer 15 mi­nu­te.

2 Haal die saad­jies van die brand­ris­sie uit, kap die ris­sie fyn, voeg dit saam met die gem­mer en knof­fel by die uie, en so­teer dit vir ’n paar mi­nu­te.

3 Roer die a­syn en sui­ker by die meng­sel in en roer dit vir ’n paar mi­nu­te tot die sui­ker heel­te­mal op­ge­los het.

4 Voeg die ta­ma­tie en ta­ma­tie­pas­ta by en prut dit oor baie lae hit­te vir on­ge­veer 1½ uur tot­dat die konfyt ef­fens ver­dik het. Roer die konfyt so nou en dan so­dat dit nie vas­brand nie. Proe en geur dit na smaak met sout en swart­pe­per.

5 Sorg dat die ste­aks ka­mer­tem­pe­ra­tuur is en vryf dit dan o­ral­oor met die s­ri­ra­cha­sous. Laat die vleis vir 20 mi­nu­te ma­ri­neer.

6 Ver­hit ’n swaar­boom­pan of giet­ys­ter­braai­plaat oor die vuur tot goed warm en be­sprin­kel dit met die o­lyf­o­lie. Pak die ste­aks in die pan – moe­nie te veel ste­aks op een slag braai nie. Braai dit vir on­ge­veer 3 mi­nu­te aan ’n kant oor ’n hoë hit­te af­han­gen­de van die dik­te van die vleis. Dun s­te­ak moet liefs baie vin­nig oor ’n hoë hit­te ge­braai word so­dat dit nog pienk aan die bin­ne­kant is.

7 Sit die ste­aks voor op ge­bot­ter­de rol­le­tjies met slaai­bla­re en ’n ruim skep­pie van die warm ta­ma­tie­kon­fyt.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.