Lams­kruis­skyfste­ak met rooi­wyn­sous

Weg! - - Kuierkos Braaivleis -

Vir 4 Voor­be­rei­tyd 5 mi­nu­te Kook­tyd 30 mi­nu­te Lams­kruis­skyf is ’n heer­li­ke snit om te braai en soos bees­vleisste­ak voor te sit. Die ge­heim is om dit met die vet­kant na bo gaar te maak so­dat die vet in die vleis in­trek. Jy be­no­dig • 800 g lams­kruis­skyfste­aks • 8 roos­ma­ryn­tak­kies • ’n klein bos­sie tie­mie­tak­kies • ½ kop­pie o­lyf­o­lie • 4 tee­le­pels grow­we­sout • ge­maal­de swart­pe­per • 6 preie, ge­was • 6 klein be­te, ge­was

VIR DIE ROOI­WYN­SOUS • 4 eet­le­pels bot­ter • 2 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap • 1 sak­kie (25 g) de­mi-gla­ce • 1 kop­pie rooi­wyn • 4 eet­le­pels room

Só maak jy

1 Sorg dat die lams­vleis ka­mer­tem­pe­ra­tuur is. S­troop die bla­re van 4 roos­ma­ryn­tak­kies en 4 tie­mie­tak­kies af en meng dit met twee eet­le­pels o­lyf­o­lie. Vryf die kruie en o­lie deeg­lik in die vleis in en geur dit na smaak met sout en swart­pe­per. S­prin­kel die res van die o­lie oor die preie en beet.

2 Kry ko­le ge­reed in ’n ke­tel­braai en hou ’n foe­lie­bak of vuur­vas­te oond­bak ge­reed waar­in die vleis in ’n en­kel­laag kan pas, want jy gaan die in­di­rek­te­hit­te­braai­me­to­de ge­bruik.

3 Pak die preie en beet op die roos­ter en braai dit oor warm ko­le tot­dat die bui­te­kant plek-plek swart raak. Haal die groen­te af en pak dit in die oond­bak of foe­lie­bak en voeg die oor­bly­wen­de kruie daar­by.

4 Plaas nou die vleis met die vet­kant na on­der oor die ko­le en braai dit vir so­wat 6-10 mi­nu­te so­dat die vet kan be­gin uit­braai.

5 Haal die vleis af en pak dit dan met die vet­kant na bo – bo-op die groen­te en kruie in die oond­bak. >

6 Krap die ko­le na die kan­te toe so­dat daar ’n oop­te in die mid­del is en plaas die bak di­rek daar­oor. Sit die ke­tel­braai se dek­sel op en laat dit vir 20 mi­nu­te bak.

7 Haal die lam uit en laat dit een­kant on­der ’n los stuk foe­lie rus vir 15 mi­nu­te.

8 Maak in­tus­sen die rooi­wyn­sous: S­melt die bot­ter in ’n pan of klein ka­strol en voeg die knof­fel daar­by en so­teer dit lig­gies tot sag. So­dra die knof­fel geu­rig is, voeg die de­mig­la­ce en rooi­wyn by en laat dit prut vir min­stens 5 mi­nu­te so­dat die sous ef­fens kan ver­dik. Roer die room by en be­dien da­de­lik.

9 Sny dan die vleis in por­sies en be­dien met dit die ge­roos­ter­de groen­te en rooi­wyn­sous.

Wenk De­mi-gla­ce is ba­sies ’n baie ge­kon­sen­treer­de vleis­af­trek­sel wat son­der veel moei­te ’n heer­li­ke sous le­wer. In­dien jy nie de­mi-gla­ce in jou spens het nie, sal 2 eet­le­pels wor­ces­ter­sous ook deug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.