Man­go-en-ker­rie­tjops

Weg! - - Kuierkos Braaivleis -

Vir 4

Voor­be­rei­tyd 10 mi­nu­te plus ma­ri­neer­tyd

Kook­tyd 10 mi­nu­te

Dié sous gee tjop­pies die geur van ’n ker­rie­so­sa­tie, son­der al die moei­te. Jy kan die sous voor­af maak en die vleis daar­in vries vir wan­neer jul­le gaan kamp.

Jy be­no­dig

• 800 g lam­s­tjops

VIR DIE KERRIESOUS • 1 klein ui, in rin­ge ge­sny • 2 eet­le­pels Kaaps-Ma­lei­se

ker­rie­meng­sel • 6 eet­le­pels (90 ml) wita­syn • 6 eet­le­pels (90 ml) wit­sui­ker • 6 eet­le­pels (90 ml) wa­ter • 2 eet­le­pels o­lie • 100 g pak­kie droë man­go, ge­kap • see­sout en swart­pe­per na smaak

Só maak jy

1 Ver­hit al die be­stand­de­le (ook die man­go­stuk­ke) vir die kerriesous tot kook­punt en roer dit tot­dat die sui­ker ge­smelt het. Haal dit van die hit­te af en laat dit af­koel.

2 Gooi die af­ge­koel­de kerriesous oor die lam­s­tjops en laat dit ma­ri­neer tot­dat jy braai. ’n Dag of twee in die ys­kas sal die vleis goed sag maak, maar as jy net ’n uur het, sal dit steeds prop­vol geur wees.

3 Sorg dat die tjops ka­mer­tem­pe­ra­tuur is voor­dat jy dit braai. Ver­wy­der die tjops uit die sous en braai dit vir ’n paar mi­nu­te aan el­ke kant oor ma­ti­ge ko­le tot­dat dit gaar is vol­gens jou smaak.

4 Ver­hit in­tus­sen die oor­bly­wen­de ma­ri­na­de in ’n pan oor die vuur. Be­dien die gaar tjops met die warm kerriesous en man­go­stuk­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.