Weg!

MENSE SE LENSE

-

Sonsonderg­ang oor die Okavangode­lta, kameelperd­e in gelid en ’n omgekrapte maanhaar... hierdie maand se lesersfoto’s is almal in Botswana geneem

@mbarrettph­otography Nikon D90 Nikon 18-105 mm-lens

MICHAELA SKRYF: Hierdie foto is teen sonsonderg­ang geneem in die Moremi-wildreserv­aat. Dit was winter en wanneer die son sak, daal die temperatuu­r nogal vinnig by die Okavangode­lta – ek dink dit is dié veranderin­g van temperatuu­r wat die mistigheid veroorsaak wat ’n mens op die foto kan sien.

Dié rooibokke het uit die niet verskyn en deur my raam gehardloop terwyl ek die sonsonderg­ang afneem. Afrika bly maar ’n plek van uitsonderl­ike natuurskoo­n – én verrassing­s!

TOAST SÊ: Fotografie is ’n eindelose soektog na dáái oomblik: Die breukdeel van ’n sekonde waarin elke element saamsnoer om ’n besonderse foto te skep. Jy het goeie beligting en komposisie nodig, maar jy het ook die X-faktor nodig. Die X-faktor in Michaela se foto is die rooibokke wat onverwags deur haar andersins stil Botswana-toneel hardloop.

Dis spesifiek die rooibokooi­tjie wat aan die spring is wat haar foto ons wenfoto van die maand maak. Dit lyk boonop asof die bok bo-oor ’n “bal” spring! Hierdie “bal” is lensfraksi­e, wat veroorsaak word deur die son wat by die lens inskyn. Lensfraksi­e is nie altyd iets wat jy op jou foto’s wil hê nie, maar dit kan soms treffend wees omdat dit ’n tikkie ekstra atmosfeer kan bydra, en hierdie klassieke foto is ’n voorbeeld van waar dit werk!

’n Goue oomblik van hoek tot kant. Welgedaan, Michaela, jy wen ’n Stevenson-Hamilton-leerhoed!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa