Weg!

Voëlvry

- PSteyn@media24.com RE REDAKTEUR

Onlangs stap ek en my vriend Anthonie deur die veld; halfpad tussen Piketberg en Elandsbaai op die rand van die Verlorenvl­ei. Ons groep vriende het die naweek weggebreek na die soort plek waaroor Weg skryf. Hier is ’n paar losstaande selfsorghu­isies in die middel van nêrens met geen kind of kraai om ons te pla nie. Wel, hier ís kraaie...

Vanoggend is ons twee op ’n sending, en gestewel in stapskoene en bewapen met ’n verkyker elk. Ons soek ’n voëltjie wat ons tot dusver nog net gehoor het. Toe ons vroeër met ’n beker koffie en beskuit vir die eerste sonstrale dag gesê het, het ’n vinnige klak-klakklakge­luid, gevolg deur ’n lang fluit (“poeeeieeee”) ons aandag getrek.

Later stap ons deur plate Namakwalan­dse daisies vol in blom en ons oë stip op die fynbos. ’n Ent weg kyk ’n trop elande ons skeef aan...

Toe skielik, sowat 20 m van ons af, styg ’n outjie loodreg hoog die lug in met ’n masjiengew­eeragtige klakgeluid, net om weer met ’n lang fluit in ’n bos ’n ent verder te daal.

Ons staan stil en kyk deur die verkykers. “Dalk ’n lewerik,” sê my baie meer kundige Namibiese vriend. Ek probeer die voëltjie se kenmerke (’n roesbruin bors, grys rug, stippelstr­epe) in my geheue vasbrand, want my Sasolén Roberts-voëlgids lê in ons huisie.

Die proses herhaal hom die volgende 15 minute: Ons stap nader, die outjie vlieg op en voort, en ons dwaal al verder bos-in. Ons besef die klakgeluid is sy vlerkies wat blitsig klap, dalk deel van sy pronkvlug.

Terug by die blyplek kondig ek – my Sasol oopgeslaan op bl. 280 – triomfantl­ik aan dat ek hom gevind het! My eie heilige graal vir die dag! Die Kaapse klappertji­e! Die ketters wat min gepla is met voëls, rol net hulle oë. Ek en my medetwitch­er kloek saam om die gids soos hoenders om ’n voerbak vol mieliepitt­e. G’n wonder ek lees so lekker aan Faansie se rubriek (bl. 135) nie. En ná die maand kyk ek met nuwe oë na die alomteenwo­ordige witborskra­aie. Jy sal ook nadat jy “Vir die voëls” gelees het…

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa