Weg!

Waar knyp jy?

-

Ons gewaar dié padbordjie oos van Groblersho­op in die Noord-Kaap.

Wat sou die oorsprong van die naam wees? Kan dit verwys na die lang afstande tussen dorpe, op sinkplaatp­aaie met min geriewe waar menige ouer moes roep: Knyp net!

Deesdae is die teerpad glad en die voertuig luuks, maar as jy stilhou vir 'n nood, keer 'n traliehek jou voor – dit soek R2. Weer moet jy knyp!

Baie jare was die enigste nuwe troumateri­aal op platteland­se dorpies jong onderwyser­esse. So het baie jong vroue op afgeleë plase 'n tuiste gevind. Drukkies en soentjies lei tot sokkies en skoentjies. Dit kan weer lei tot die gróót knyp: Die pad is sleg, die dokter of vroedvrou ver, die bakkie se battery is pap of die perde moet nog ingespan word... Knyp! Vroegoggen­d, ná 'n -3 º C-nag, soek ek petrol in die Nossob-ruskamp van die Kgalagadi-oorgrenspa­rk.

“Nee, Meneer,” antwoord die petroljogg­ie. “Die koue het ons ore ‘geknyp'. Laasnag het die petrol gevries. Wag maar vir die sonnetjie.”

Besluit maar self waar jy dink dié naam vandaan kom. JOHAN EN MAGDA

ROSSOUW, Paarl

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa