Weg!

MARIET LAMBRECHTS

-

Nikon D7000 Nikon 70-300 mm-lens

TOAST SÊ: Mariet en haar man, Nollie (sien sy foto onder), was in Maart 2018 saam met my op ’n Weg- fototoer deur Botswana.

Op dié toer doen ons van die mooiste plekke in Botswana, en die Zambesistr­eek in Namibië aan.

Die toer begin gewoonlik op Kubu-eiland, maar in Maart was dit te nat om op die Makgadikga­dipan te ry; dus het ons by Tiaan’s Camp langs die Botetirivi­er begin.

Die volgende oggend het ons toerleier, Douwe Vlok van Mpafa Travel, die toerplan aangepas en ons groep het deur die Makgadikga­dipan- nasionale park gery, wat direk oorkant die rivier van Tiaan’s Camp lê.

Dié onbekende park was vol verrassing­s, want ons het groot getalle olifante langs die rivier gesien, en toe seker 40 kameelperd­e by ’n enkele watergat diep bos-in.

Soos dit op ’n fototoer gaan, het almal vervaard die perfekte foto probeer neem – jy hoop maar jou voertuig staan op die regte plek! Mariet se weerkaatsi­ngs is perfek, en ek hou ook van die linkerkant­ste kameelperd wat sy tong uitsteek. Seker vir ons klomp fotograwe!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa