Weg!

PIET HUGO

-

van Wellington vra: Ek het dié by op ’n stuk hout gewaar toe ek wou vuurmaak vir ’n braai. Is dit stuifmeel wat aan sy pootjies vasklou? Ek vermoed dit is van die canolaland­erye in die omgewing, wat tans aan die blom is. Die insekkenne­r DUNCAN MACFADYEN antwoord: Dis ’n Afrika-heuningby. Piet het gelyk – dis smandjies vol stuifmeel. In die lente kry bye baie stuifmeel, want blomme is volop. In die wintermaan­de is aalwyne ’n belangrike stuifmeelb­ron.

Bye maak heuning van nektar. Nektar is pure koolhidrat­e en dus het hulle iets nodig om hulle dieet te balanseer – stuifmeel verskaf proteïen. Stuifmeel is ook baie belangrik vir die ontwikkeli­ng van die jong bye.

Bye versamel die stuifmeel op die hare op hulle lyf en skraap dit met hulle voor- en middelste pootjies en verpak dit in ’n stywe bolletjie in die stuifmeelm­andjie op hulle agterpoot. Op jou foto kan ’n mens mooi sien hoe lyk dit as dié proses voltooi is en die bytjie op pad terug is na die nes of korf. (Lees meer oor bye en hulle dinge op bl. 142. – Red.)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa