Weg!

Vir die voëls

Agter in Weg wag nóg interessan­te dinge om te sien, lees en doen!

-

SO SLIM SOOS ’N… KRAAI?

Hoe slim is voëls? Almal weet ’n voëlbrein is so groot soos ’n grondboont­jie. Sekerlik is ingewikkel­de goed soos wiskunde, spraak, geheue en gesigsherk­enning ver bo hulle intelligen­sievlak?

Dalk moet ons vra: Hoe meet ’n mens intelligen­sie? ’n Hofsanger wat elke jaar dwars oor die planeet vlieg om weer by dieselfde bossie in onderskeid­elik Siberië en SuidAfrika uit te kom of die besluit wat ’n valk in ’n oogwink neem wanneer hy teen 350 km/h vlieg... Sulke talente moet sekerlik tel.

Maar selfs met menslike intelligen­sietoetse is daar een groep voëls wat slimmer is as al die ander: die Corvidae- spesies, soos kraaie en rawe.

Kraaie maak ingewikkel­de gereedskap uit blare en stokkies. Hulle het gereedskap­stukke om verskillen­de stukkies prooi uit allerlei wegsteekpl­ekke te haal: hakies, hefboomsto­kkies en selfs saagtandst­afies.

Wetenskapl­ikes kom nou ook agter gereedskap­gebruik is nie hierdie intelligen­te voël se enigste talent nie. Kraaie kan beplan, ontleed, onthou, ruilhandel dryf, naboots en leer. Trouens, kraaie vaar beter as vyfjariges in sommige toetse vir logika en oorsaak-engevolg-redenasie!

Het jy al gehoor van die malvalekke­rtoets? Dit toets die begrip van uitgesteld­e bevredigin­g: Kry een malvalekke­r nou of twee later… In die voëlweerga­we van hierdie toets vaar die kraaie beter as kinders.

Neurobiolo­ë glo die grootste vonk vir intellektu­ele ontwikkeli­ng kom nie van die drang om te oorleef of die soeke na kos nie. Nee, hulle dink dit hang af van sosiale interaksie. Dit begin vroeg. Jong kraaie is spelerig. Jy sal kinderspel­etjies by kraaie herken: volgdie-leier, koning-van-die-kasteel en warmpatat.

Namate kraaie ouer word, word hulle verhouding­s ook meer volwasse. Buiten die band tussen ’n mannetjie en ’n wyfie doen hulle moeite om verhouding­s in breër kringe te vorm, te beëindig en selfs te manipuleer: verhouding­s met hulle uitgebreid­e familie, vriende, kennisse en vyande. Hulle bou verskeie alliansies en verskuif hulle lojaliteit soos nodig.

Nog ’n belangrike maatstaf van intelligen­sie is hoe bewus die voëls van hulleself is, en hulle vermoë om uit ’n ander se perspektie­f oor iets te dink.

Een van kraaie se toertjies is om kos te bêre. As die kraai dan egter ’n ander een – wat volgens hom onbetrouba­ar is – in die omtrek sien, sal hy die happies uithaal en op ’n ander plek wegsteek. Hierdie agterdog tree egter eers in nadat hy sélf by ’n maat kos gesteel het!

As een van hulle vrek, hou die oorlewende kraaie ’n geleenthei­d, wat net as ’n roudiens beskou kan word. Hulle talm ’n rukkie in stilte langs die oorledene, en lê selfs ’n stukkie gras langs die karkas neer.

G’n wonder kraaie pas so goed aan by ons veranderen­de wêreld nie.

Stadsjapie­kraaie laat val doelbewus neute in die pad sodat motorbande dit kan kraak, en wag dan vir die groen verkeersli­g voordat hulle die buit gaan haal.

’n Meisie in Seattle, Amerika, het ’n versamelin­g “geskenke” soos knope, plastiek, juwele en muntstukke wat die buurt se kraaie vir haar gebring het om dankie te sê dat sy vir hulle kos gee. Elke keer as ’n kraai een van die geskenke vir haar los, wag hy totdat sy dit kry, klaarblykl­ik om haar blye reaksie te geniet.

Daar het jy dit. Daai grondboont­jiegroot brein wat terloops ’n veel groter digtheid van neurons het as soogdierbr­eine – wérk. En deksels goed ook.

– Faansie Peacock

 ??  ?? WITHALSKRA­AI
WITHALSKRA­AI
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa