Weg!

Kuier om die kole

- RESEPTE EN STILERING ALETTA LINTVELT

Weg se tweede resepteboe­k is binnekort op die rak, en om dit te vier publiseer ons dié maand ’n uittreksel met ses van ons gunsteling­resepte. Nooi solank ’n paar mense!

Feta-entamatieg­arnale

Vir 6 Voorbereit­yd 15 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Ek hou daarvan om my Paasmaalty­d met ’n ligte seekosvoor­gereg te begin, veral as die hoofgereg taamlik gewigtig is. Hierdie gereg kan in die oond óf in ’n pan oor die kole gemaak word en is propvol geur en tekstuur.

Jy benodig

• 2 eetlepels olyfolie • ½ ui, gekap • 1 knoffelhui­sie, gekap • vars rissie na smaak, gekap • 200 g rosatamati­es, gekap (of gebruik ’n 410 g-blik gekapte tamaties) • 400 g garnale, ontdooi, koppe verwyder en skoongemaa­k (los die dop en stert aan indien jy dit verkies) • sout • gemaalde swartpeper • 2 wiele feta • ’n hand vol vars pietersiel­ie,

gekap

Só maak jy

1 Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die ui, knoffel, rissie en tamaties daarin totdat dit prut en die ui sag is.

2 Roer die garnale by en geur dit na smaak met sout en gemaalde swartpeper. Breek die feta in groot stukke bo-oor en sprinkel pietersiel­ie bo-oor.

3 Sit die pan se deksel op en laat die souserighe­id vir 10 minute prut, of bak dit oop in ’n warm oond van 200 °C (mits die pan oondbestan­d is) totdat die kaas gesmelt het en die sous borrel. Sit dit dadelik voor met ’n stukkie brood waarmee jy die heerlike sous kan opvee.

Baksteenho­ender

Vir 4-6

Voorbereit­yd 10 minute plus marineerty­d

Gaarmaakty­d 30 minute

Die Italianers maak só: Sit ’n baksteen bo-op ’n plathoende­r terwyl jy dit braai – en siedaar! Die velletjies is bros, maar die vleis nog sappig. En boonop word jou hoendertji­e gouer gaar.

Jy benodig

• suurlemoen­sous (resep onder) • 1 heel hoender, gevlek • sap van ½ suurlemoen • 1 eetlepel sout • 1 teelepel gerookte paprika • 2 knoffelhui­sies, fyngekap • 3 cm vars gemmer, gerasper • 2 eetlepels vars roosmaryn

of tiemieblar­e, gekap • 3 eetlepels olyfolie • suurlemoen­skyfies vir bediening

VIR DIE SUURLEMOEN­SOUS • 1 rooiui, gekap • 2 eetlepels olyfolie • skil en sap van 2 suurlemoen­e • ½ koppie heuning • ’n knippie swartpeper

Só maak jy

1 Maak die suurlemoen­sous Braai die ui in die olie tot sag. Rasper dan die suurlemoen se skil direk in die potjie en druk die sap in die potjie uit. Voeg die heuning en peper by en laat dit prut totdat die mengsel verdik – ongeveer 10 minute.

2 Vra die slagter om die hoender te vlek en die borsbeen te verwyder indien jy nie weet hoe nie. Sit die gevlekte hoender met die borskant na bo in ’n groot bak. Druk dit plat, vou die vlerkies onder die karkas in en posisionee­r die dye langs die bors. Gebruik ’n skerp messie en maak twee snitte van 1 cm diep dwarsoor die bors en nog een oor die dikste deel van elke dy.

3 Meng die sap van die halwe suurlemoen met die sout, paprika, knoffel, gemmer, roosmaryn en olyfolie tot dit ’n smeer vorm. Vryf die hoender daarmee in en laat dit oornag in die yskas marineer (of minstens vir 1 uur).

4 Trek 2 bakstene met foelie oor en kry jou kole gereed – jy het matige hitte nodig. Sorg dat die rooster skoon is. Sit die hoender met die velkant na onder op die rooster en sit die 2 bakstene bo-op neer sodat dit die hoendertji­e lekker platdruk. Braai dit vir sowat 15 minute totdat die vel bros en bruin is. Draai die hoender met ’n braaitang en sit weer die bakstene op. Ná nog 15 minute kan jy hom maar afhaal.

As jy nou die dikste deel van die dy sny, behoort die sap wat uitloop, helder te wees. Laat die hoender vir nog 15 minute eenkant onder foelie rus. Verf die hele hoender met die lemoensous en sit dit dadelik voor.

Snoek met ’n appelkoos-enlemmetji­esalsa

Beter as hierdie snoek kry jy nie! Die salsa is ’n goeie pasmaat vir die meeste soorte seekos én hoender.

Jy benodig

• 1 eetlepel olyfolie • 1 middelslag-snoek • ½ koppie botter • 1 teelepel sout

VIR DIE APPELKOOSE­N-LEMMETJIES­ALSA • 1 koppie lemmetjie- of suurlemoen­sap, plus die gerasperde skil • 1 wortel, fyngeraspe­r • 4 eetlepels appelkoosk­onfyt • 3 stingeluie, fyngekap • 2 knoffelhui­sies, fyngekap • 1-2 rooi rissies, sade verwyder en fyngekap

Só maak jy

1 Maak die salsa Pols al die salsabesta­nddele in ’n voedselver­werker tot glad. Kook dit dan vir 5 minute (of 2 minute in die mikrogolfo­ond op hoog). Die salsa moet effens soet wees en jy kan die hoeveelhei­d rissie na smaak aanpas.

2 Verf olyfolie aan die vis se vel om te keer dat dit aan die rooster vaskleef en spuit ook kleefweren­de kossproei oor die binnekant van jou toeklaproo­ster voordat jy die snoek daarop sit. Smeer ’n paar eetlepels salsa op die vleiskant van die snoek en braai die vis dan vir ongeveer 12 minute (velkant eerste na onder) oor matige kole. Sodra dit amper gaar is, kan jy dit vir ’n paar minute omdraai om seker te maak die vleiskant braai ook deurgaar. >

3 Haal die snoek af, smeer die botter oor en besprinkel dit met sout. Sit die vis dadelik saam met die res van die salsa voor.

Lamsosatie­s uit die Hantam

Vir 4

Voorbereit­yd 1 uur plus marineerty­d

Gaarmaakty­d 10 minute

My ma droog alberta-perskes wat sy van die boom in haar tuin pluk en gebruik dit dan vir ’n heerlike soetsuur smaak in haar sosaties. Jy kan ook droë appelkosie­s gebruik.

Jy benodig

• 1 kg ontbeende lamsvleis

met vet • 100 g droë alberta-perskehalw­es • 16 vars lourierbla­re (opsioneel) • 8 metaalsosa­tiestokkie­s

VIR DIE MARINADE • ¼ koppie olie • 2 uie, in skywe gesny • 1½ eetlepels kerriepoei­er • 1 teelepel borrie • 1 teelepel fyn koljander • ½ koppie suiker • 3 eetlepels perskeblat­jang • 1½ koppies bruinasyn • ½ koppie water

Só maak jy

1 Maak die marinade Verhit die olie in ’n middelslag-kastrol en soteer die ui en kerrie vir 5 minute oor lae hitte. Voeg die res van die bestanddel­e by en verhit die marinade tot kookpunt. Sit die deksel op en laat dit vir 20 minute prut. Laat die marinade afkoel.

2 Sny die vleis in blokkies van 2 cm en behou die vet. Pak dit in ’n plastiek- of glasbak saam met die perskehalw­es of appelkose en lourierbla­re en skink die afgekoelde marinade daaroor. Laat dit vir 3 dae in die yskas marineer.

3 Ryg die vleis, perskes en lourierbla­re op die sosatiesto­kkies. Sorg dat daar minstens 1 stukkie perske en 1 stukkie vet vir elke 2 vleisblokk­ies is. Pak die sosaties in ’n braaibak en gooi die marinade bo-oor. Hou dit in die yskas tot 1 uur voor jy dit braai – dit moet kamertempe­ratuur wees as jy dit op die kole sit.

4 Sorg dat jou kole lekker warm is en braai die sosaties vinnig vir 8-10 minute tot goudbruin en sappig.

WENK Vir doeksagte kerriesosa­ties wat jou tone behoorlik laat omkrul, moet jy 3-4 dae voor die tyd begin sodat die vleis behoorlik kan marineer. Moenie bang wees om ’n vetjie tussen die vleis in te werk nie, en gebruik appelkose of perskes wat lekker suur is. Indien die vleis self nie baie vet aan het nie, koop 100 g varkvet en gebruik dit saam met die vleis.

Slaai met vuurgebakt­e aartappels

Vir hierdie aartappels­laai bak jy die aartappels in foelie oor die kole voordat jy die mosterdsou­s oorgooi.

Jy benodig

• 10 middelslag-aartappels • 2 eetlepels heelkorrel­mosterd • ¼ koppie olyfolie • sap van 1 suurlemoen • 1 knoffelhui­sie,

fyngekap • 1 teelepel seesout • ’n knippie swartpeper • 300 g babaspinas­ie- en

roketblare, gemeng • roomkaas of ’n hand vol

parmesaank­aas (opsioneel)

Só maak jy

1 Draai die aartappels in foelie toe en bak dit in die kole tot gaar en sag.

2 Meng die mosterd, olie, suurlemoen­sap, knoffel, sout en peper goed saam in ’n bekertjie.

3 Sodra die aartappels hanteerbaa­r is (hoe warmer, hoe beter), sny jy dit in hapgrootte stukke en sit dit eenkant in ’n bak.

4 Sprinkel die spinasie- en roketblare oor die aartappels en gooi die slaaisous oor. Meng dit liggies deur en druk ’n paar stukke aartappel met die houtlepel fyn. Die hitte van die aartappels sal die blare effens laat verlep. Sit die slaai dadelik voor saam met ’n skeppie roomkaas of ’n hand vol parmesaank­aas.

Spek-en-lensieslaa­i

Vir ’n swieriger slaai kan jy brokke bloukaas en neute byvoeg.

Jy benodig

• 1 klein baguette • ¼ koppie olyfolie, plus ekstra

om te sprinkel • 2 knoffelhui­sies • 300 g kersietama­ties • 6 eetlepels balsemieka­syn • 1 eetlepel suiker • 250 g spek • 2 eetlepels heuning • 2 blikkies (410 g elk) lensies (of kook 2 koppies droë lensies) • 1 eetlepel growwe mosterd • 3 eetlepels sojasous • ’n knippie swartpeper • ’n hand vol vars basiliebla­re

(opsioneel)

Só maak jy

1 Maak dcroutons deur die brood in skywe te sny, met olyfolie te besprinkel en in die oond of oor die kole te braai tot bros. Sny dadelik die knoffelhui­sies middeldeur en vryf die gesnyde kant net ’n paar keer oor elke snytjie warm roosterbro­od. ’n Heerlike knoffelsma­kie sal agterbly.

2 Meng die olyfolie, tamaties, balsemieka­syn en suiker in ’n warm pan en braai dit oor die vuur (of rooster dit in ’n warm oond) totdat die tamaties begin karamellis­eer en die velletjies oopbars. Verwyder dit van die hitte.

3 Braai die spekrepies bros, gooi die olie af, bedruip die spek met heuning en braai dit vir nog 2 minute.

4 Spoel die lensies onder lopende water af en skud dit uit in ’n opdienbak. Rangskik die tamaties bo-op. Meng die mosterd, sojasous en swartpeper met die pansappe van die tamatie en gooi dit bo-oor.

5 Rangskik die spek, croutons en basiliebla­re (indien gebruik) bo-op die tamaties. As die slaai eers later geëet gaan word, is dit beter om die croutons eenkant te hou, behalwe natuurlik as jy dit sag en vol van die slaai se sappe verkies.

 ??  ??
 ??  ?? Snoek met ’n appelkoose­n-lemmetjies­alsa
Snoek met ’n appelkoose­n-lemmetjies­alsa
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa