Weg!

Gooi ’n dobbelstee­n en vertrek op ’n voëlsafari!

-

“Kwê-kwê,” kom ’n voëlroep uit die slimfoon. “Dis... dis ’n kwêvoël!” Ja, reg geraai, jy kan aanskuif.

Soos met die meeste bordspelet­jies moet ’n mens met Bird Safari so gou as moontlik by die eindpunt uitkom. Hoe beweeg (oftewel ry, want die skuiwer lyk soos ’n wildkykvoe­rtuig) jy vorentoe? Op jou of jou span se beurt moet julle ’n voël identifise­er deur te luister na ’n voëlroep op ’n app, van ’n foto af of uit ’n spanmaat se beskrywing (hy’s pienk en lyk soos ’n ballerina = ’n flamink). As julle reg raai, ry julle voort, indien nie, moet julle “parkeer” totdat julle span reg geraai het.

Die speletjie is slim. Dis ’n gehaltepro­duk met mooi foto’s en ’n speelse ontwerp. Dis gebore in die vriendekri­ng die Big Year-groep, wat gaande is oor voëlskyk. Die groep is gestig deur Carlie Jordaan (sien onder) nadat sy die fliek The Big Year gekyk het.

Kyk, nie almal ken hulle voëls so goed soos die Big Year-groep nie en daarom sluit die speletjie voëlkaarte met vier vlakke in. Vlak 1 is die gewone nommers: kolgans, witborskra­ai, volstruis... terwyl vlak 4 voëls soos ’n gewone koester, dubbelsnip en bruinsylan­gstertjie insluit. Julle kan dus net met vlak 1- en vlak 2-kaarte speel, of die kaarte kombineer.

Dis ’n prettige manier om jou gesin en vriende se voëlkennis te toets en ook ’n liefde vir ons geveerde vriende te kweek. Dit hoort beslis in jou kattebak vir ’n drie weke lange Krugerkamp of vir ’n naweekwegb­reek na Langebaan.

– Esma Marnewick

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa