Weg!

DAG 13

-

Vir ernstige fotograwe is ’n goeie afwisselin­g op die riviervaar­t om vandag op ’n vaart saam met Pangolin Photo Safaris te gaan. Jy’s in ’n klein bootjie, en sit op ’n stoel wat 360 ° kan draai – én jou kamera het ’n monteerarm; dus gaan jou lang lens jou nie lam maak nie.

Besit jy nie ’n groot kamera en lens nie? Jy kan

Pangolin se toerusting gebruik – ná afloop van die toer hou jy die SD-kaart met ál jou foto’s. Die groep bied ook oggendvaar­te aan – dis wonderlik stil, want die meeste groot bote vaar smiddae uit. Jy het ook ’n fotografie­gids aanboord wat jou help met kameravers­tellings, en jou bootkaptei­n weet waar élke klein visvangert­jie sit. Mooi foto’s is gewaarborg.

Indien jy saam met kinders reis, neem hulle na die CARACAL Centre waar diere gerehabili­teer word. Jy kan sien hoe word die nagapies gevoer, en daar’s vlakvarke, muishonde, en dalk ’n aasvoël of drie. Dis opvoedkund­ig én prettig!

Die Choberivie­r is deel van die ontspannin­gskultuur op Kasane. Selfs al bly jy iewers in ’n kampplek, keer niks jou om op ’n “toer” te gaan van al die lekker uitkykdekk­e – met ’n kroeg en restaurant – oor die rivier nie.

Jy kan by die meeste van die lodges langs die rivier instap en by ’n tafel gaan sit wat oor die rivier uitkyk. Ons gunsteling­e is die Chobe Safari Lodge en Cresta Mowana Safari Resort & Spa. Hou die bootverkee­r dop, bring jou verkyker om ’n voël te identifise­er en geniet jou laaste ure in dié wilde, vriendelik­e plek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa