S­wa­zi­land

Beleef ’n groot ver­skei­den­heid land­skap­pe in ’n paar dae in een van ons buur­lan­de.

WegRy Vat Die Pad - - Luilekkerreise -

Waar is dit?

Hier­die mooi maar mak­li­ke reis deur S­wa­zi­land be­gin by die Os­hoek-grens­pos bui­te Er­me­lo, M­pu­ma­lan­ga, en volg ’n sir­kel­roe­te ver­by die M­lil­wa­ne- en Hla­ne­re­ser­va­te, Ma­gu­ga-dam en die P­hop­ho­ny­a­ne-val­le.

Hoe­kom moet ek gaan?

Die M­lil­wa­ne-na­tuur­re­ser­vaat bui­te die hoof­stad M­ba­ba­ne is ’n be­bos­de om­ge­wing wat ’n mens baie aan Bar­ber­ton her­in­ner.

Jy is na­by ge­noeg aan die be­ska­wing om gou ’n bur­ger by die Spur te gaan eet (ja, daar’s ’n Spur in M­ba­ba­ne!), maar so­dra jy deur die re­ser­vaat se hek ry, is jy diep in die na­tuur en om­ring deur mak wild.

Die Hla­ne-re­ser­vaat is net 90 km van M­lil­wa­ne af, maar is pu­re Bos­veld wat by­na nes die La­e­veld lyk.

Gaan daar­na vir ’n aand of twee na die Ma­gu­ga Lod­ge teen die Ma­gu­ga-dam. Hier word die wê­reld weer berg­ag­tig met dra­ma­tie­se uit­sig­te. As jy a­von­tuur­lus­tig voel en ’n har­de­baard-4x4 het, kan jy na The Gap gaan soek (S26.083472 E31.305953). ’n Treg­ter het hier ge­vorm wat die gan­se Ko­ma­ti-ri­vier in­sluk.

Kui­er op pad na die grens­pos by die prag­ti­ge P­hop­ho­ny­a­ne-val­le na­by Piggs Peak.

Die e­nig­ste deel van hier­die roete waar jy ’n 4x4 met la­e­s­trek gaan no­dig hê, is op die pad na The Gap. Die res van die paaie is goeie teerof grond­pad.

Bes­te tyd om te gaan

In die Ho­ë­veld-ge­bie­de kan jy heel­jaar re­ën kry, maar die so­mers hier is nie so warm nie. Die La­e­veld-ge­bie­de is heel­wat war­mer en dro­ër in die so­mer. Dis ook hul­le re­ën­sei­soen, maar dis nie koud nie.

Hoe lank gaan dit duur?

So­wat ’n week. Die he­le roete is so 500 km lank.

A­SEM­RO­WEND. Ge­niet die uit­sig by Exe­cu­ti­on Rock in die E­zul­wi­ni­val­lei in S­wa­zi­land.

REG VIR GAS­TE. In die Hla­ne­re­ser­vaat wag die leeus met ge­kam­de kui­we op jou koms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.