01 Ma­bi­bi, Ma­pu­tu­land Ma­ri­ne-re­ser­vaat, K­wazu­lu-na­tal

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Ma­bi­bi is ’n af­ge­leë kam­peer­plek by Hul­ley-punt op die O­li­fant­kus in die noor­de van K­wazu­lu-na­tal.

Hier, tus­sen Sod­wa­na en Ko­si­baai, kamp jy in die Ma­pu­tu­land Ma­ri­ne­re­ser­vaat. Dis ’n Groot Vyf­re­ser­vaat wat baie wild het.

Bring be­slis ’n snor­kel en ’n duik­bril saam, want in dié lou­e­ri­ge wa­ter gaan jy al­ler­han­de see­le­we en vis­se sien wat jy op min an­der plek­ke in Suid-a­fri­ka sal te­ë­kom.

Om on­der by die s­trand te kom, moet jy met ’n lang stel trap­pe af­stap – 137 om pre­sies te wees. Maar moe­nie skrik nie, dit klink er­ger as wat dit is. En jy word boon­op met ’n lang, wit en on­ge­rep­te s­trand aan die ein­de daar­van be­loon.

Ma­bi­bi het net agt staan­plek­ke, elk­een met sy braai-a­rea en kraan. Al die staan­plek­ke het koel­te. Daar is nie e­lek­tri­si­teit nie, maar die a­blu­sie­ge­rie­we het warm wa­ter.

Jy kamp ook net ’n paar ki­lo­me­ter van die Si­ba­ya-meer af. Dis die groot­ste vars­wa­ter­meer in Suid-a­fri­ka en het ’n mag­dom vo­ëls.

En boon­op is die St. Lu­cia-vlei­land­park, Mk­hu­ze-wild­re­ser­vaat en Hluhlu­we-im­fo­lo­zi-wild­re­ser­vaat al­mal min­der as 100 km ver van jou slaap­plek af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.