02K­wass se Baai, Wes­kus

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

K­wass se Baai is in die mid­del van die Na­ma­kwa Na­si­o­na­le Park, so­wat 18 km noord van die toe­gangs­hek by Groen­ri­vier en 45 km suid van die af­rit vir Ka­mies­kroon/hon­de­klip­baai.

As jy hou van kreef op die ko­le en baie lang stran­de, is K­wass se Baai jou soort kamp­plek. Jy kan dit net met ’n 4x4 be­reik en die mees­te be­soe­kers kam­peer in ten­te. Weens die dik sand moet jy liefs jou woon­wa of bos­wa af­haak, maar daar was al be­stuur­ders wat goed ge­noeg (en mal ge­noeg) was om dit tot daar te kry.

Die kamp is op ’n effense duin ge­leë, met ’n prag­ti­ge uit­sig oor ’n k­lein baai­tjie. Hier sal jy ’n rots­rif kry waar jy kreef kan gaan soek om van­aand te braai (ont­hou jou kreef­per­mit).

Net 200 m suid van die kamp­plek be­gin ’n s­pier­wit s­trand wat ki­lo­me­ters ver strek. Mooier sons­on­der­gan­ge sal jy nie gou kry nie.

Die kamp­ter­rein is baie ba­sies. Hier is twee e­ko­vrien­de­li­ke toi­let­te, maar geen vars wa­ter of stor­te nie.

Die vier staan­plek­ke het eg­ter elk­een ’n net­jie­se skerm­muur­tjie waar jy kan vuur­maak. Die wind kan eg­ter las­tig raak (dis im­mers die Wes­kus), so neem maar ’n wind­skerm ook saam. Vat ook jou eie wa­ter en sorg dat jy heel­te­mal self­on­der­hou­dend is as jy hier kom kamp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.