04Wa­ter­berg Wil­der­ness­re­ser­vaat, Lim­po­po

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Aaa, Bos­veld! Daar is mos maar net iets aan dié deel van ons land. En Wa­ter­berg Wil­der­ness is be­hóór­li­ke Bos­veld. Hier­die weg­ge­steek­te kamp­plek na­by Mo­ko­pa­ne in die Lim­po­po-pro­vin­sie is ’n 4x4-bos­kamp son­der e­lek­tri­si­teit en met ka­ri­ge sel­foon­ont­vangs. Maar as jou tent­pen­ne eers hier in­ge­slaan is, sal jy be­hoor­lik voel hoe die stad se ge­jaag ver­dwyn.

Daar is drie staan­plek­ke met een a­blu­sie­blok tus­sen hul­le (2 bad­ka­mers) en twee eks­klu­sie­we staan­plek­ke wat hul­le eie, pri­va­te a­blu­sie­ge­rie­we het – dit is dus lek­ker stil.

Die re­ser­vaat het heel­wat wild en so­wat 250 vo­ël­spe­sies. Jy kan ook hier hen­gel. Jy mag jou eie voer­tuig vir wil­drit­te ge­bruik, maar die re­ser­vaat is net vir 4x4’s en 4x2’s met goeie grond­vry­hoog­te ge­skik.

Wa­ter­berg Wil­der­ness lê op ’n pla­to tus­sen twee diep ra­vy­ne en die uit­sig­te oor die om­ge­wing is iets om oor huis toe te skryf. Maar moe­nie net op jou kamp­stoel sit en vir die sa­van­na staar nie, gaan soek die lui­perds, bruin hi­ë­nas, rooi­kat­te, aard­wol­we en tal­le bok­soor­te wat hier rond­loop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.