03T­wee Ri­vie­ren, K­gala­ga­di

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Dié rus­kamp is een van die K­gala­ga­di-oor­grens­park se gewildste oor­staan­plek­ke. En met goeie re­de. Die kamp lê aan die heel sui­de­li­ke punt van die park, na­by die in­gang as jy die park met die R360 van­uit U­ping­ton se rig­ting bin­ne­ry. As jy in een dag van­af die Kaap of Gau­teng reis, is dit ’n goeie keu­se om hier te oor­nag.

Twee Ri­vie­ren is die park se groot­ste rus­kamp en ook waar die ad­mi­nis­tra­tie­we kan­to­re ge­leë is. Be­hal­we vir die ont­vangs­kan­toor is hier ’n win­kel, brand­stof­pom­pe, re­stau­rant, in­lig­ting­sen­trum en swem­bad. Dis ook die e­nig­ste kamp in die oor­grens­park wat sel­foon­ont­vangs en 24 uur-e­lek­tri­si­teit het.

Die kamp is na­by die plek waar die Nos­sob- en Au­o­b­ri­vier by­me­kaar kom. Die eer­ste plek waar jy jou ver­ky­ker kan uit­pluk en wild kyk is dus hier na­by – by die Sa­me­vloei­ings­wa­ter­gat. Dis by die punt waar die twee stow­we­ri­ge stro­ke van die ri­vie­re ont­moet.

Hier kan jy lek­ker teen laat­mid­dag kom sit en kyk hoe die die­re hul­le dors les, en la­ter die aand om ’n ka­meel­do­ring­vuur met ’n la­fe­nis sit en die hel­der he­mel­ruim be­won­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.