06 Kam­gab, Richtersveld

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Die Kam­gab-kamp­ter­rein lê diep in die Richtersveld op die Na­ma­kwa-e­ko­roe­te.

Om hier uit te kom moet jy eg­ter van die roete af­draai en 18 km in die Kam­ga­b­ri­vier­bed­ding ry. Dié 18 km kan jou lan­ger as ’n uur be­sig hou, want jy moet jou pad deur kron­kel­draaie, sand en tus­sen groot klip­pe oop­stoei.

Dit verg meer as net ’n bie­tjie ver­nuf om son­der ska­de by die kamp­ter­rein uit te kom. Maar dis die moei­te werd.

Kam­gab is ’n rus­ti­ge, af­ge­son­der­de kamp teen die wa­ter. Hier is geen ge­rie­we nie en jy moet heel­te­mal self­on­der­hou­dend wees – kos, wa­ter, braai­hout en ’n toi­let (of ’n graaf). Dít het na­tuur­lik die voor­deel dat jy waar­skyn­lik die kamp heel­te­mal vir jou­self gaan hê.

Maar nie­mand kon hier­heen om luuk­se ver­blyf te soek nie.

Kam­gab het ’n prag­ti­ge uit­sig oor die wa­ter, ’n paar lek­ker vis­vang­plek­ke en ho­pe stil­te.

Dis ’n plek waar jy ’n “dip” kan vang as die son die wê­reld te warm bak, en teen ske­mer te­rug­sit voor ’n knet­te­ren­de vuur­tjie ter­wyl jy die klip­pe­ri­ge skoon­heid van die Richtersveld waar­deer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.