05 De Hoop, Richtersveld

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Die De Hoop-kamp­ter­rein lê diep in die Richtersveld, in die hart van die Richtersveld Na­si­o­na­le Park. Dis ’n mooi, af­ge­leë kamp op die oe­wer van die Oran­je­ri­vier. Oor­kant die ri­vier, aan die Na­mi­bie­se kant, kan jy die Ai-ais Na­si­o­na­le Park sien.

As jy vir ’n dag lank deur die klip­pe­ri­ge kron­kel­paaie van die dor­re Richtersveld ge­ry het, is dit ’n won­der­li­ke er­va­ring om hier teen ’n breë stroom wa­ter te kamp.

Hier is plek-plek gras en groot a­ka­si­a­bo­me, maar jy kamp meest­al op sag­te ri­vier­sand en koel­te is nie ge­waar­borg nie. De Hoop is pu­re bos­kamp, maar het net­jie­se a­blu­sie­ge­rie­we met koue wa­ter (ont­hou net, dis brak­wa­ter in dié ge­wes­te). Daar is geen e­lek­tri­si­teit, warm wa­ter of af­ge­ba­ken­de staan­plek­ke nie. Jy kies jou eie lê­plek op die wal uit.

As jy hier kamp, kan jy to­ne óf lyn nat­maak in die O­ran­je en hier is ’n soort s­trand met sag­te ri­vier­sand, by­na soos see­sand, waar die kin­ders kan speel.

HO­PE PRET. In die De Hoop-kamp­ter­rein kan jy jou eie lê­plek op die wal uit­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.