07 I­haha, C­ho­be, Botswa­na

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Die I­haha-rus­kamp sit by­na heel bo in die C­ho­be­na­tuur­re­ser­vaat in Botswa­na, na­by die g­rens aan Na­mi­bië. Die rus­kamp is teen die C­ho­be­ri­vier, en dis deel van die lek­ker as jy hier kamp. Jy gaan be­slis kro­ko­dil­le, see­koeie en ’n me­nig­te vo­ëls te­ë­kom.

Die rus­kamp kyk uit op ’n see­koei­poel, maar jy kan dit net in die droë sei­soen (Mei tot Ok­to­ber) sien. In die re­ën­sei­soen vloei die ri­vier ge­woon­lik sterk voor die kamp ver­by.

I­haha is nie om­hein nie en hier kamp jy baie na­by aan die na­tuur. Jy hoor leeus wat brul en o­li­fan­te wat bo­me breek. En moe­nie ver­baas wees as ’n hi­ë­na aan die braai­vleis­be­ne kom kou wat jy nie vei­lig weg­ge­gooi het nie! Die om­ge­wing se wild (waar­van daar baie is) kan vry­lik deur die kamp be­weeg en dit kan soms die la­gie seilm­a­te­ri­aal van jou tent baie dun laat voel...

Die kamp­plek is k­lein, met net 10 staan­plek­ke en net die no­dig­ste ge­rie­we. Hier is nie krag nie, maar die a­blu­sie­ge­rie­we het warm wa­ter dank­sy son­krag. Die ge­rie­we het ook spoel­toi­let­te.

Hier is braai­ge­rie­we, maar bring jou eie hout of bri­ket­te. Hout is nie al­tyd in die om­ge­wing te koop nie. Daar is ook ’n lod­ge so­wat 3 km van die kamp af waar jy kan gaan eet.

I­haha is ’n ge­wil­de rus­kamp en raak gou vol. Be­spreek dus ver voor­uit as jy jou tent­pen­ne hier wil kom in­kap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.