08 Mi­ra­bib, Na­mib Nau­kluft Park, Na­mi­bië

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Mi­ra­bib is ’n af­ge­leë kamp­ter­rein diep in die Na­mib Nau­kluft Na­si­o­na­le Park, so­wat 150 km suid­oos van Wal­vis­baai. Die kamp­ter­rein is uit­ge­lê rond­om ’n In­sel­berg – ’n klip­kop wat hoog bo die plat woes­tyn­vlak­te uit­staan. Daar is al­te­saam ses staan­plek­ke. Die woes­tyn­wind kan druk in dié wê­reld, maar om­dat die kamp­plek­ke reg rond­om die kop lê, kan jy jou kamp so op­slaan dat jy nie reg in die wind in hoef te leef nie.

Be­hal­we vir ’n put­toi­let en braai­plek­ke is hier geen ge­rie­we nie, ook nie wa­ter nie. Jy moet dus al­les wat jy no­dig het self bring – van hout tot kos en wa­ter. Ont­hou ook om al jou vul­lis weer uit te neem, want hier is nie vul­lis­blik­ke nie.

Af­son­de­ring is wat Mi­ra­bib spe­si­aal maak. Die kamp­ter­rein is in ’n stil deel van die park ge­leë en die kan­se is goed dat jy geen an­der kam­peer­ders hier sal te­ë­kom ty­dens jou be­soek nie. Dis die mees­te van die tyd net jy, jou reis­ge­no­te en die dood­stil Nau­kluft-vlak­tes rond­om jou.

Al is dit woes­tyn, is hier eg­ter ver­ba­send baie wild. Tus­sen die gras­vlak­tes van die om­ge­wing staan jy ’n goeie kans om vlak­te­wild soos s­pring­bok­ke en se­bras te sien, en baie vol­strui­se.

Die kamp­ter­rein is on­be­man, maar jy moet ’n per­mit kry by een van die Met-kan­to­re. S­wa­kop­mund is die mak­lik­ste, maar jy sal ook reg­kom in Ses­riem of Wind­hoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.