11 Oer­wald- kamp – T­sau­chab-ri­vier­kamp, Na­mib Nau­kluft Park, Na­mi­bië

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Die T­sau­chab-ri­vier­kamp is ’n groot gas­te­plaas in die Nau­kluft-deel van die Na­mib-nau­kluft Na­si­o­na­le Park. Dié kam­peer­plek­ke op Jo­han en Nicky S­teyn se plaas T­sau­chab is ’n klip­gooi van die D854 en skaars 70 km van Sos­sus­vlei af. Die kamp het le­gen­da­rie­se sta­tus.

Hier is ’n klomp kamp­plek­ke, elk­een met iets spe­si­aal. Oer­wald-kamp is T­sau­chab se kam­peer­ter­rein vir gro­ter groe­pe wat jy slegs met ’n 4x4 kan be­reik.

Dit is in ’n kloof om­trent 5 km van die ri­vier­kamp se an­der kam­pe en 12 km van die ont­vangs­kan­toor.

Jy kamp diep tus­sen die T­sa­ris-ber­ge, lek­ker op jou eie. Die kamp­plek het sil­wer­skoon a­blu­sie­ge­rie­we met ’n warm bos­stort en o­pe­lug toi­let. Die bo­me op die staan­plek is vol­op en bied heel­dag koel­te. Die bo­ma het heel­wat sit­plek en ’n op­was­bak, groot vuur­herd en gratis vuur­maak­hout. Hier is nie e­lek­tri­si­teit nie. Nog ’n groot plus­punt is die vy­e­boom­woud en ri­vier kort dus­kant die kam­peer­ter­rein.

Jy kan twee stap­roe­tes aan­pak – die 21 km lan­ge Berg­se­bra-roete en die kort Wil­de­vy-roete. Hoe­wel groot groe­pe ge­woon­lik hier bly, sal die S­teyns jou met ple­sier laat oor­bly as daar nie sul­ke be­spre­kings is nie.

KOMKOMMERKOEL. Kom koel ’n bie­tjie af by die ri­vier langs die Oer­wald-kamp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.