10 Palm­wag, Da­ma­ra­land, Na­mi­bië

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Die Palm­wag-kamp­ter­rein is in die noord­wes­te van Da­ma­ra­land (dees­dae die Ku­ne­ne-ge­bied) in Na­mi­bië, teen die U­ni­a­b­ri­vier. As jy hier pen­ne in­slaan vir ’n aand of twee op jou pad noord, is jy al baie am­per in Ka­o­ko­land.

Die kamp­ter­rein is deel van die Palm­wag Lod­ge, ’n oa­se van luuks­heid in die woes­tyn. Daar is warm stor­te en spoel­toi­let­te en jy kamp on­der ska­du­bo­me. El­ke staan­plek het ook ’n braai­plek en ’n op­was­bak on­der ’n af­dak (ons sê mos dis ’n oa­se!).

Dis ’n net­jie­se plek waar jy lek­ker by die kroeg kan kui­er of in ’n swem­bad af­koel. Jy kan sog­gens of saans op ’n wil­drit gaan, of een van die lod­ge se stap­roe­tes volg (saam met ’n gids as jy wil) om die na­tuur te leer ken.

Vol­gens die lod­ge is die roof­dier­be­vol­king hier een van die groot­stes in Na­mi­bië. Die om­ge­wing is ook ’n vo­ël­kyk­pa­ra­dys en die kon­ses­sie-a­rea waar­in die Palm­wag Lod­ge val, het ge­son­de o­li­fant- en re­nos­ter­be­vol­kings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.