09 S­pitz­kop­pe, Eron­go-streek, Na­mi­bië

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

S­pitz­kop­pe is ’n ge­wil­de ge­meen­skaps­kamp op die pad tus­sen U­sa­kos en Hen­ties­baai. Nes Mi­ra­bib is S­pitz­kop­pe ook rond­om groot klip­kop­pe uit­ge­lê, maar die S­pitz­kop­pe is so groot jy kan dit van et­li­ke ki­lo­me­ters ver bo die plat om­ge­wing sien uit­troon. Die hoog­ste piek staan 700 m bo die woes­tyn­land­skap uit.

S­pitz­kop­pe is een van Na­mi­bië se i­ko­nie­se kamp­plek­ke. Hier is 31 staan­plek­ke, maar hul­le is ki­lo­me­ters uit­me­kaar uit. Dit gaan al­tyd voel as­of jy dié u­nie­ke stuk woes­tyn­land­skap vir jou­self het.

El­ke staan­plek het ’n vuur­maak­plek en ’n put­toi­let ag­ter ’n riet­skui­ling. Die vul­lis word daag­liks ver­wy­der.

Daar is a­blu­sie­ge­rie­we met warm stor­te by die in­gangs­hek en hier is ook plek om wa­ter te koop en ’n dran­kie te be­stel. As jy iets wil eet, moet jy voor­af kos be­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.