12Ku­bu- kamp, Ku­bu-ei­land, Botswa­na

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Ku­bu se kamp­plek is ’n ba­sie­se oor­nag­plek op die So­wa­pan, in die om­ge­wing van die Mak­ga­dik­ga­di-pan, in die noord­oos­te van Botswa­na.

Dis ’n on­ver­geet­li­ke on­der­vin­ding om ’n nag hier deur te bring.

Maak jou­self reg vir ’n wê­reld waar stads­lig­te en -ge­raas nie deel van die pro­gram uit­maak nie.

Jy sal ver soek vir ’n rus­ti­ger plek van waar jy die hel­der nag­he­me­le van­uit jou kamp­stoel kan sit en be­won- der. Dis daar­om ook mak­lik om te sien waar­om Ku­bu ’n ge­wy­de plek vir die plaas­li­ke be­vol­king én ’n na­si­o­na­le ge­denk­waar­dig­heid is.

Hier is meer as 200 kre­me­tart­bo­me op die ei­land, om­ring deur die wit sout van die pan.

Jy kan by­na 150 km oor die dor­re aar­de uit­kyk – dit voel jy sien die ein­de van die wê­reld.

Die Mak­ga­dik­ga­di-pan­ne sal im­mers by­na die helf­te van die ge­o­gra­fie­se ge­bied van Is­rael kan be­dek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.