13 Po­me­ne Lod­ge-kamp, Po­me­ne Na­si­o­na­le Park, Mo­sam­biek

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Die lod­ge is in die af­ge­leë Po­me­ne Na­si­o­na­le Park, ’n kus­re­ser­vaat so­wat 160 km noord van In­ham­ba­ne. Hier kom min rei­si­gers en die na­si­o­na­le park is nie baie be­kend nie. Jy moet im­mers deur so­wat 65 km se sand ploeg om hier uit te kom.

Jy kamp in ’n se­der­bos, en­ke­le tree van die see af aan die een kant, en van ’n lief­li­ke strand­meer af aan die an­der kant. Jy is nooit meer as ’n mi­nuut of wat se stap van die wa­ter af nie. Po­me­ne­baai is be­skut en het heer­li­ke swem­plek­ke.

El­ke staan­plek het sy eie palm­tak-af­dak en die mees­te van hul­le het krag­pun­te. Hier is ook a­blu­sie­ge­rie­we met warm stor­te.

Jy kan in die strand­meer duik, hen­gel, perd­ry, kwad­fiets­ry en die ru­ï­nes van die ou Po­me­ne Ho­tel be­soek.

Of jy kan ag­ter­oor sit met ’n Ti­po Tin­to-rum en fram­boos­koel­drank. Ont­hou net, die laas­te 7 km voor jy die lod­ge be­reik is dik sand en is net ge­skik vir 4x4-voer­tuie.

Die lod­ge be­veel aan dat men­se met sleepgoed eers in die mid­dag kom, wan­neer die pad stil­ler is – daar is ’n deel van die pad waar voer­tuie met sleepgoed nie by me­kaar kan ver­by­skuur nie.

SE­KON­DES VAN DIE SEE. By Po­me­ne Lod­ge kan jy van jou slaap­sak af tot bin­ne in die see rol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.