15Hla­ne- na­tuur­re­ser­vaat, S­wa­zi­land

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Al­hoe­wel die Hla­ne-na­tuur­re­ser­vaat baie na­by aan die g­rens tus­sen S­wa­zi­land en Mo­sam­biek ge­leë is, voel dit as­of jy skie­lik in die La­e­veld be­land het as jy by Hla­ne se hek in­ry. Die wê­reld om jou is plat en die rooi, stow­we­ri­ge grond oor­trek met se­kel­bos. Hla­ne se naam be­te­ken wil­der­nis en die naam is ge­pas – wild is oral vol­op en jy hoor die leeus som­mer van jou staan­plek af brul. Hla­ne het ook die groot­ste ver­sa­me­ling wit­rugaas­vo­ëls ter wê­reld.

Jy moet ’n ent­jie ry om die aas­vo­ëls se nes­te te gaan kyk, maar die re­nos­ters se guns­te­ling­wa­ter­gat is loop­af­stand van die kamp­ter­rein af.

Die na­tuur­re­ser­vaat het nie e­lek­tri­si­teit nie, maar die kamp­per­so­neel steek saans pa­raf­fien­lam­pe in die a­blu­sie­ge­rie­we aan. Jy kan warm stort.

El­ke staan­plek het ’n ge­bou­de braai­plek, maar as jy nie meer lus is vir tjops nie, kan jy by die re­ser­vaat se re­stau­rant gaan aansit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.