17 Ma­su­mu Ri­ver Lod­ge, Ka­ri­ba, Zim­bab­we

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Dié lod­ge na­by Bin­ga in Zim­bab­we het ’n k­lein kam­peer­plek vir so­wat 4 woon­wa­ens of 6 ten­te. Hier is warm wa­ter en ’n ge­meen­skap­li­ke braai­plek en kam­peer­ders mag die lod­ge se an­der ge­rie­we, soos die swem­bad en ’n re­stau­rant, ge­bruik.

Ma­su­mu sit op die mooi Ka­ri­ba­meer en die uit­sig­te hier is iets spe­si­aals.

Jy kamp on­der lief­li­ke bo­me op ’n groen gras­perk en daar is e­lek­tri­si­teit by drie van die vyf staan­plek­ke be­skik­baar.

Die ge­rie­we is net­jies en skoon en kamp­wer­kers sorg dat die vuur in die don­kie se ke­tel ge­stook bly.

Jy het dus al­tyd warm wa­ter wan­neer jy dit no­dig het.

Bin­ga is ’n be­ken­de hen­gel­be­stem­ming, met guns­te­lin­ge soos tier­vis en die Zam­be­zi-kur­per wat hier voor­kom. Jy kan ’n boot by die lod­ge huur om vir die dag op die meer uit te gaan en te kyk of jy ’n gro­te kan uit­trek. Die lod­ge laat jou toe om jou eie hen­gel­ge­rei te ge­bruik en as jy jou eie boot ge­bring het, kan jy hom ook hier ge­bruik. In­dien jy eg­ter ’n boot huur, kom ’n ge­li­sen­si­eer­de boot­kap­tein saam om die har­de werk te doen. Die huur van klei­ner skui­te, huis­bo­te en hen­gel­gid­se kan ook al­les deur die lod­ge ge­re­ël word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.