16 E­pu­pa Falls–kamp­plek, Ka­o­ko­land, Na­mi­bië

WegRy Vat Die Pad - - Kampplekke -

Die E­pu­pa Falls Lod­ge en Kam­peer­ter­rein is op die oe­wer van die Ku­ne­ne­ri­vier in die Ka­o­ko­land, Na­mi­bië. Jy kamp sta­p­af­stand van die be­ken­de E­pu­pa-val­le af, en as jy in die dag daar aan­kom, sal jy die mis­wolk oor die drui­sen­de wa­ter sien op­styg.

Die mees­te van die staan­plek­ke het koel­te on­der groot palm­bo­me. (Jy sal nie glo hoe­veel palm­bo­me in dié wê­reld rond­om die val­le groei nie!) El­ke staan­plek het ’n braai­plek en ’n op­was­bak met lo­pen­de wa­ter. Die plaas­li­ke Him­ba-men­se ver­koop hout, maar jy sal met hul­le moet on­der­han­del vir ’n prys.

Daar is ook a­blu­sie­ge­rie­we met warm stor­te. Die kamp het nie e­lek­tri­si­teit nie, maar die lod­ge ge­bruik son­krag en kan ba­sie­se goed doen soos fo­ne en bat­te­rye her­laai. Na­by die lod­ge is ’n Him­ba-dor­pie wat jy kan be­soek. As jy hier oor­nag, móét jy een­vou­dig jou tek­kies aan­trek en die paad­jie na die val­le stap. Dis ’n steil stap­pie, ver­al in die hit­te van die dag, maar doen jou­self ’n guns en beleef die prag van die val­le van hier af.

Die wa­ter­val­le strek so­wat ’n ki­lo­me­ter in die val­lei af en dis on­ge­loof­lik om te sien hoe­veel wa­ter hier in ’n an­der­sins dor­re streek vloei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.