Di­no­keng-na­tuur­re­ser­vaat

Alan Good­way – 4x4-ken­ner en skry­wer van die Weg­ry ru­briek 4x4-a­ka­de­mie GPS S25.403236 E28.296906

WegRy Vat Die Pad - - Kenners Se Wenners -

Waar is dit?

Daar is baie plek­ke wat my na aan die hart lê, maar oor­we­gings met tyd en kos­te maak dat ek dees­dae ’n gus­te­ling-bos­weg­breek na­by aan die huis het – die Wil­lems­rus-kamp­plek in die Di­no­keng-na­tuur­re­ser­vaat, net so 45 mi­nu­te bui­te Pretoria.

Wat maak dit vir jou spe­si­aal?

Dis die i­de­a­le na­week­be­stem­ming om rê­rig weg te kom, maar steeds na­by aan die huis te wees. Hier voel jy of jy diep in die bos is – die jak­kal­se tjank in die nag, die leeus brul om jou en die ster­re hang hel­der in die he­mel­ruim. Hier is ook net 10 staan­plek­ke en din­ge kan nooit eint­lik té be­sig raak nie. Voeg nou hier­by vyf­ster-a­blu­sie­ge­rie­we en twee wa­ter­ga­te na­by die kamp, en jy het ’n wa­re wen­ner.

Wat moet ’n mens be­slis doen as jy daar­heen reis?

Di­no­keng het meer as 80 km se self­ry­roe­tes en jy kan die Groot Vyf op Gau­teng se voor­stoep sien – son­der dat jy in ’n die­re­tuin is. Jy moet be­slis hier op ’n wil­drit gaan. Ons het selfs al op die teer­pad o­li­fan­te, leeus, ’n jag­lui­perd en buf­fels ge­sien.

E­nig­iets waar­voor ’n mens moet uit­kyk of op­pas?

Di­no­keng is nog be­sig om ont­wik­kel te word, dus moet jy maar rus­tig wees as iets nog nie heel­te­mal na jou sin werk nie. Daar is baie in­for­me­le ne­der­set­tings rond­om die ei­en­dom en as die wind ver­keerd waai, gaan jy on­ge­luk­kig soms ge­raas hoor. Moe­nie vir die re­ser­vaat kwaad wees hier­oor nie, hul­le kan niks daar­aan doen nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.