Die Wil­de­kus, Oos-kaap

Bru­ce Jen­kin­son – We­gry­roe­te­gra­deer­der en ei­e­naar van He­a­dout Ad­ven­tu­res KON­TAK vir Bru­ce by 082 493 3377 vir die be­son­der­he­de van dié roete.

WegRy Vat Die Pad - - Kenners Se Wenners -

Waar is dit?

My wen­ner is ’n roete langs die Wil­de­kus in die voor­ma­li­ge Trans­kei.

Wat maak dit vir jou spe­si­aal?

Die geil plan­te­groei op hier­die roete laat jou voel as­of jy in ’n 4x4 deur Kir­sten­bosch in Kaapstad ry.

Die roete be­gin teen die Kei­ri­vier en eindig by die be­ken­de Ho­le in the Wall, en op pad ry jy oor kab­be­len­de s­tro­me en on­der dig­te woud­dak­ke deur. In drie dae se ry kan jy tot 16 ri­vier­krui­sings doen!

Die wê­reld is net so on­ge­rep en groen, dis ver­stom­mend.

Wat moet ’n mens be­slis doen as jy daar­heen reis?

Jy moet een­vou­dig beleef hoe dit voel om tot by Ho­le in the Wall te ry met die veld­paad­jie van­uit die sui­de.

E­nig­iets waar­voor ’n mens moet uit­kyk of op­pas?

Hier­die is nie ’n roete om op jou eie te pro­beer aan­pak nie. Doen dit in ’n groep of saam met ’n gids wat sy sto­rie ken. Jy moet ook al die no­di­ge her­win­nings­toe­rus­ting by­der­hand hê, M/t-ban­de op jou 4x4 en min­stens ’n ag­ter­ste e­we­naar­slot ook. Dis ’n graad 4-roete en be­slis nie ge­skik vir sis­sies nie, maar dis die on­der­vin­ding van ’n leef­tyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.