Die Hluhlu­we Im­fo­lo­zi-wild­re­ser­vaat, KZN

Frank Car­lis­le – Ei­e­naar van B­he­ja­ne Ad­ven­tu­res en voor­ma­li­ge wild­be­waar­der GPS S25.403236 E28.296906

WegRy Vat Die Pad - - Kenners Se Wenners -

Waar is dit?

My guns­te­ling­plek is die M­bhu­za­ne-uit­kyk­punt in die we­s­te­li­ke deel van die Hluhlu­we Im­fo­lo­zi­wild­re­ser­vaat in K­wazu­luNa­tal. Dit is so­wat 280 km noord van Dur­ban.

Wat maak dit vir jou spe­si­aal?

Ek reis dik­wels deur Sui­derA­fri­ka, en van al my rei­se is hier­die nog steeds my guns­te­ling.

Die uit­kyk­punt, ook be­kend as “Vie­w­point 17”, is op die Swar­tUm­fo­lo­zi­ri­vier ge­leë, om­trent reg in die mid­del van die oud­ste wild­re­ser­vaat in A­fri­ka, waar die wit­re­nos­ter van uit­ster­wing ge­red is.

Hier­die om­ge­wing is ook waar S­ha­ka Zu­lu des­tyds ge­jag het.

As wild­be­waar­der het ek vir ses jaar in ’n huis in die om­ge­wing daar na­by ge­woon.

Dis bit­ter mooi, en in die win­ter sien jy o­li­fan­te, buf­fels, leeus en wit- so­wel as swart­re­nos­ters. Al­les van dié uit­kyk­punt af.

Wat moet ’n mens be­slis doen as jy daar­heen reis?

Bring ’n ver­ky­ker en ka­me­ra met ’n or­dent­li­ke lens saam – jy sal nie spyt wees nie. Dis die i­de­a­le plek om baie mooi fo­to’s van skaars wild­soor­te te neem.

E­nig­iets waar­voor ’n mens moet uit­kyk of op­pas?

Wees op die uit­kyk vir groot­wild en ge­vaar­li­ke die­re. Jy mag uit jou voer­tuig uit­klim, maar daar is geen hei­nings tus­sen jou en die die­re nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.