H­wan­ge Na­si­o­na­le Park, Zim­bab­we

Vil­liers S­teyn – Fo­to­graaf en skry­wer van Weg­ry se Fo­to- me­cha­nic GPS S18.77485 E26.88835. Dit neem jou na die Nya­mandhlo­vu-skui­ling na­by die hoof­kamp. Dis my guns­te­ling-skui­ling in die he­le park!

WegRy Vat Die Pad - - Kenners Se Wenners -

Waar is dit?

Ek is mal oor die H­wan­ge Na­si­o­na­le Park in Zim­bab­we. Dis in die noord­wes­te van die land, net suid van die Vic­to­ri­a­wa­ter­val.

Wat maak dit vir jou spe­si­aal?

Jy kan die­self­de die­re hier as in die Kru­ger­wild­tuin sien, maar son­der die hor­des men­se en voer­tuie.

Om die waar­heid te sê, ek glo die wild­kyk­ge­leent­he­de is in die al­ge­meen be­ter in H­wan­ge as in die Kru­ger­wild­tuin.

In die droë sei­soen kan jy jou mak­lik in die na­mid­dag by ’n wa­ter­gat tuis­maak en tot 500 o­li­fan­te daar raak­loop!

Wat moet ’n mens be­slis doen as jy daar­heen reis?

Be­spreek ’n aand by Ma­su­ma-dam – een van die park se eks­klu­sie­we piek­niek­plek-kam­pies – ty­dens vol­maan.

As jy plek kan kry, bly tus­sen in die win­ter vir so drie aan­de by Ng­weshla. Daar is ho­pe leeus!

E­nig­iets waar­voor ’n mens moet uit­kyk of op­pas?

Gaan Zim­bab­we met die Pan­da­ma­ten­ga-grens­pos bin­ne en maak se­ker jou voer­tuig se pa­pier­werk is in or­de. Gaan maak liefs by die AA ’n draai om 100% se­ker te maak jou eend­jies staan al­mal net­jies in ’n ry. An­ders gaan jy moei­lik­heid hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.