KEN­NERS SE WEN­NERS

Jo­hann Groe­ne­wald – Me­de-ei­e­naar van Tracks4a­fri­ca en skry­wer van Weg­ry se Gps-ru­briek GPS S14.647840 E30.006490 (‘Con­flu­en­ce of Luns­emf­wa and Lu­ka­sashi Ri­vers’ op Tracks4a­fri­ca).

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Ek is een van daar­die men­se wat ag­ter die on­be­ken­de aan reis. Ek weet A­fri­ka en sy plek­ke is reeds “ont­dek”, maar diep bin­ne wens ’n mens mos maar al­tyd daar is plek­ke wat an­der men­se nog nie ge­kry het nie – jou eie pa­ra­dys.

Ek het laas hier­die ge­voel in Zam­bië ge­kry, op die sa­me­vloei­ing van die Luns­emf­wa- en Lu­ka­sashi­ri­vier.

Wat maak dit vir jou spe­si­aal?

Vir my moet die bo­s­er­va­ring sui­wer wees. Hoe min­der men­se daar kom, hoe be­ter. Daar­om ver­my ek plek­ke wat oor­val word deur toe­ris­te.

Op hier­die af­ge­leë plek­kie in Zam­bië woon daar wel men­se, maar die paar ge­hug­gies wat ons te­ë­ge­kom het, was reg­tig af­ge­son­der. Die hoof­man het ons ver­tel dat hy vyf uur te fiets moet ry vir sel­foon­ont­vangs.

Dit is ook na­by ’n so­ge­naam­de wild­be­stuurs­ge­bied ge­leë, wat be­te­ken daar is heel­wat wild wat vry­lik deur die om­ge­wing be­weeg. Die plaas­li­ke be­wo­ners moet so af en toe nog ’n leeu trot­seer!

Wat moet ’n mens be­slis doen as jy daar­heen reis?

Vis­vang! Die ri­vier is on­ge­loof­lik. Dit het ge­lyk of nie­mand nog daar kom hen­gel het nie. Ter­wyl ons met ons boot­jie daar­op ge­vaar het, het jy net vis sien spaan­der. Dis ook op hier­die ri­vier waar ek ’n baie groot tier­vis ver­loor het. (Dis nie ’n vis­ser­mansto­rie nie! Ek het Gopro-be­wy­se daar­voor!)

E­nig­iets waar­voor ’n mens moet uit­kyk of op­pas?

Ons het op die wal van die ri­vier ge­kamp, in ’n ver­la­te k­lein statjie waar­van daar nog net reus­ag­ti­ge man­go­bo­me oor was.

Die hoof­man het ons eg­ter ver­tel die men­se het weg­ge­trek om­dat die kro­ko­dil­le agt men­se in drie jaar hier ge­vang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.