Ma­bu­a­se­hu­be, Botswa­na

Nie­mand gaan net een keer Ma­bua toe nie - as jy eers hier oor die pan ge­sit en tuur het, wil jy el­ke jaar te­rug­keer.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Ma­bu­a­se­hu­be is in Botswa­na en ’n deel van die K­gala­ga­di-oor­grens­park.

Hoe­kom moet ek gaan?

Dis ’n groot guns­te­ling on­der Weg­ry- le­sers en iets wat die ou­ens mak­lik aan die praat kry. Ma­bu­a­se­hu­be is een van daar­die plek­ke waar die stil­te in jou ore gaan suis – en as jy ge­luk­kig is, word die oor­ver­do­wen­de stil­te deur een van Ma­bua se don­der­storms on­der­breek. Die park het ’n paar wa­ter­pan­ne, en net twee of vier staan­plek­ke by el­ke pan. Ma­bua het baie wild en is be­kend vir sto­ries waar die lui­perd sy bok voor jou tent kom plat­trek het en waar die leeu sy dors in jou stort ge­les het.

Hoe­wel die ry­werk in Ma­bua nie be­son­de­re ver­nuf verg nie (jy ry in die sand, maar dis nie ’n moei­li­ke sand­ry-roete nie), be­skou ons dit as ’n moue op­rol-be­stem­ming om­dat jy heel­te­mal self­ver­sor­gend moet wees. ’n Kamp­plek met ’n put­toi­let en ’n A-raam-struk­tuur is ’n luuk­se! Los maar die s­pier­wit ka­mer­jas vir ’n an­der va­kan­sie. Jy moet jou eie kos, brand­hout en wa­ter (ook vir stort) aan­ry, en al jou vul­lis self weg­ry.

Om­dat die kamp­plek so be­perk is, moet jy lank voor die tyd be­spreek.

Bes­te tyd om te gaan

In die hoog­so­mer is Ma­bua bloe­dig warm, maar daar is men­se wat die hit­te trot­seer.

Hoe lank gaan dit duur?

Jy het min­stens vyf nag­te in Ma­bua no­dig.

LEEUS OP JOU VOOR­STOEP. By Ma­bua kan jy jou dak­tent so op­slaan dat jy oor die pan uit­kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.