RE­DAK­TEURS­BRIEF

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud - VOOR­BLAD­FO­TO Ka­o­ko­land, deur E­van Nau­dé

Jou reis be­gin hier

Ons vra dik­wels vir men­se in We­gryon­der­hou­de of hul­le blin­de­lings toer, en of hul­le al­les voor­af haar­fyn be­plan. Noem my “ou skool”, maar ek is een van daar­die nerds wat el­ke stuk­kie de­tail van my reis voor­af in de­tail uit­werk. Nie om­dat ek skrik­ke­rig is vir die Groot On­be­ken­de nie, maar om­dat dit die lek­ker van die reis ’n bie­tjie uit­rek.

Dan reis jy nie net die drie we­ke wat jy op die pad is nie, maar ook die vyf of ses maan­de voor­af (ja, ek is een van dáár­die nerds) wat jy dink en droom oor die va­kan­sie. Die re­a­li­teit is el­ke keer selfs be­ter as hoe ek my dit voor­ge­stel het.

En voor die va­kan­sie ver­by is, neem ek ’n vas­te be­sluit oor waar­heen die vol­gen­de reis gaan wees – an­ders vlieg die jaar ver­by en bly jy op die rus­bank ag­ter as die va­kan­sie aan­breek. ’n Son­de waar­voor jy reg­uit hel toe sal gaan! Ek het ’n vriend wat sê die sleg­ste dag op va­kan­sie (daar­die dag wat die tset­se­vlieë jou pak ter­wyl ’n Blou Bul-on­der­steu­ner jou met ’n wen­as uit die mod­der moet sleep), is steeds be­ter as die bes­te dag op kan­toor. Die Weg­ry- span sal dit ver­sig­tig be­aam (en oor ons skou­ers kyk of die ba­se na­by is).

We­gry­vat­die­pad wil jou som­mer help droom oor jou vol­gen­de vak­san­sie. Ge­bruik dit, en die in­pak­lys­te, as ’n ver­trek­punt vir jou be­plan­ning. Het ons van be­stem­mings ver­geet waar­van jy glo ons an­der le­sers móét ver­tel? Ons hoor graag.

Ge­niet die reis!

Ger­da En­gel­brecht

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.