Lim­po­po Na­si­o­na­le Park, Mo­sam­biek

As jy bang is vir krap­mer­ke op jou Jeep (of spin­ne­kop­pe), moet jy maar liefs ver­by­hou. Van­af Gau­teng is hier­die ’n kor­te­ri­ge 4x4-uit­stap­pie, maar tog een wat die ha­re op jou nek sal laat reg­op staan.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Die Lim­po­po-park is in Mo­sam­biek, maar aan­gren­send tot die Kru­ger­wild­tuin en deel van die Gro­ter Lim­po­po-oor­grens­park.

Hoe­kom moet ek gaan?

Dis ’n prag­ti­ge en af­ge­leë ge­bied van Mo­sam­biek, wat re­la­tief mak­lik be­reik­baar van­af Suid-a­fri­ka is. Slaap oor by Pun­da Ma­ria aan die bo­punt van die Kru­ger­wild­tuin, en ver­laat dan Suid-a­fri­ka by die Par­fu­ri-grens­pos. Gaan die Lim­po­po-park by die Ma­pai-hek bin­ne en slaap die aand oor by Mam­ba­pan.

As die a­von­tuur­lus jou beet­pak, draai af na Ng­we­nya-poe­le, maar moe­nie dit son­der ’n saad­net en Tracks4a­fri­ca op jou GPS waag nie. Hier ry ui­ters sel­de an­der voer­tuie. As jy in die moei­lik­heid is, sal jy dus self ’n plan moet maak.

Die wa­wiel­spin­ne­kop­pe en wa­ter­hin­der­nis­se sal die a­dre­na­lien aan die gang hou. Die stuk “pad” tus­sen Ng­we­nya-poe­le en M­bo­na Ka­ya is een van daar­die waar jy die grond gaan soen as jy dit suk­ses­vol af­ge­lê het. Dit is net vir ge­sou­te 4x4-ry­ers (son­der sleep­wa­ens) ge­skik. As jy bang is vir die toe­stand van jou voer­tuig of jou on­der­kle­re, hou links by die vurk 37 km ná Mam­ba­pan. Dié pad lei na San­da­lo, ’n heer­li­ke oor­nag­plek.

Kom­bi­neer die reis met die S­hing­we­d­zi-eko-4x4-roete, wat ook geen Son­dag­mid­dag-piek­nie­krit is nie!

Hoe lank sal dit duur?

Die af­stan­de lyk be­drieg­lik kort, maar soms sal jy ses uur no­dig hê om 30 km te ry. Van­af Pun­da Ma­ria sal jy min­stens vyf dae no­dig hê om te­rug te wees in Suid-a­fri­ka.

Bes­te tyd om te gaan

Ver­my die ge­bied in die re­ën­sei­soen, tus­sen mid­del De­sem­ber en ein­de Mei.

G’N SIEL NIE. In die Lim­po­po-park sal jy vir dae geen an­der men­se sien nie, maar die tal­le wa­ter­krui­sings hou din­ge in­te­res­sant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.