Ses­he­ke tot by Ka­fue, Wes-zam­bië

Zam­bië klink baie ver, maar Ses­he­ke is net oor­kant Ka­ti­ma Mu­li­lo, aan die oor­kant­ste oe­wer van die Zam­be­zi. Van hier af kies jy koers na die wild­pa­ra­dys van die Li­u­wa­vlak­te en Ka­fue Na­si­o­na­le Park.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Hier­die reis be­gin by die grens­dorp Ses­he­ke in Zam­bië, noord van C­ho­be. Daar­na ry jy noord­wes in die rig­ting van die Li­u­wa­vlak­te en oos na die Ka­fue Na­si­o­na­le Park.

Hoe­kom moet ek gaan?

In dié deel van A­fri­ka is daar te veel wild om te tel, prag­ti­ge ri­vie­re en puik kamp­ter­rei­ne. Ka­bu­la Lod­ge, op die oe­wer van die Zam­be­zi in Ses­he­ke, is een van die bes­te plek­ke vir 4x4-rei­si­gers in Sui­der-a­fri­ka, met oor­ge­noeg cha­lets. Van hier ry jy noord na die pa­ra­dys van die Li­u­wa-vlak­te.

Hier is dui­sen­de se­bras, wil­de­bees­te, buf­fels, bas­ter­wa­ter­bok­ke. In die vlei­lan­de, of dam­bo’s, is daar tal­le vo­ëls, soos die ma­hem, oop­bek­ooi­e­vaar, nim­mer­sat, ma­ra­boe en saal­be­k­ooi­e­vaar.

Jou vol­gen­de be­stem­ming is Mu­kam­bi Sa­fa­ri Lod­ge, so­wat 420 km oos, langs die Ka­fue Na­si­o­na­le Park. Dis ’n heer­li­ke be­stem­ming op die oe­wer van die Ka­fue- ri­vier, maar wees ge­waar­sku: daar is geen hei­nings nie en leeus, o­li­fan­te en lui­perds slenter deur die kamp.

Van Ma­kum­bi tot by Kon­ka­mo­ya, na­by die sui­de van die Ka­fue, is dit net 157 km, maar die pad kan sleg wees en tot 8 uur se ry­werk verg. As jy hier is, gooi ook ’n draai in die N­go­ma-woud.

Hier­na is dit tyd vir ’n be­soek aan M­cbri­des’ Camp in die noord­oos­te van Ka­fue, die Mus­hin­gashi-be­wa­rings­ge­bied so­wat 65 km oos, ’n rit op Ri­ver Ro­ad en die Pu­ku Pan lod­ge, Kain­gu Sa­fa­ri Lod­ge en die mooi Bu­sanga-vlak­tes.

Bes­te tyd om te gaan

Groot de­le van Wes-zam­bië is in die re­ën­sei­soen (No­vem­ber tot ein­de Mei) feit­lik on­be­gaan­baar. Moe­nie dan al­leen reis nie, maar fyn­proe­wers meen die nat sei­soen is die bes­te sei­soen. In Ka­fue sluit heel­wat ge­rie­we in die re­ën­sei­soen, maar lod­ges soos Ka­bu­la, Mu­kam­bi, M­cbri­des’en Kain­gu is heel­jaar oop. Bel en maak se­ker sat jy nie voor dooi­e­mans­deur te staan kom nie.

Hoe lank gaan dit duur?

Hier­die roete is noord van 2 000 km en jy kan nie re­ke­ne op ’n rys­poed van meer as 60 tot 70 km/h nie.

DIS WILD! Een van die bes­te re­des waar­om jy Zam­bië moet be­soek, is die baie wild.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.