Gor­on­go­za tot Dar es Sa­laam

Die sui­de van Mo­sam­biek is wel­be­kend. Maar as jy ver­der noord reis, ont­dek jy ’n heel nu­we wê­reld.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Maak jou reg, hier­die is ’n bul van ’n reis van die Gor­ong­o­sa Na­si­o­na­le Park in Mo­sam­biek al die pad tot by Dar es Sa­laam in Tan­za­nië.

Hoe­kom moet ek gaan?

Hier­die is ’n e­pie­se reis deur twee van Oos-a­fri­ka se mooi­ste tro­pie­se lan­de. Dit be­gin by M’phing­we Eco Lod­ge, ’n prag­ti­ge woud­ge­bied na­by die Gor­ong­o­sa Na­si­o­na­le Park. Dis lek­ker om hier vo­ëls te kyk – die groen­kop­wie­le­waal kom by­voor­beeld net op die berg Gor­ong­o­sa voor.

Van hier af reis jy noord­oos na Ilha de Moçam­bi­que, die land se voor­ma­li­ge (be­si­ge) hoof­se­tel en ’n ar­gi­teks­won­der. Net noord daar­van­daan kan jy uit­span by Li­be­lu­la Lod­ge, na­by die ha­we­stad Na­ca­la.

Nou loop die roete weer na­der aan die kus deur Pem­ba na Pon­ta Pan­ga­ne, ’n sand­uit­lo­per net noord die Qui­rim­bas Na­si­o­na­le Park. Hier loop ’n mooi sand­paad­jie al langs die kus en ’n dig­te palm­woud word net deur ’n lan­de­li­ke vis­sers­dor­pie on­der­breek.

’n Ent­jie ver­der noord, by Mo­cim­boa da Praia, kan jy by Chez Na­ta­lie op ’n k­lein s­kier­ei­land kam­peer. Mik van hier af bin­ne­land toe na Ne­go­ma­ne en gaan kyk die Ni­as­sa-wild­re­ser­vaat.

Dis hier na­by waar jy die g­rens na Tan­za­nië gaan oor­steek en oos ry op die B5 na Mt­wa­ra. Baan jou weg noord ver­by Kil­wa Ma­so­ko en eindig jou reis in die ys­li­ke en in­te­res­san­te ha­we­stad Dar es Sa­laam. As jy al die pad tot in Dar ge­ry het, sal dit ’n jam­mer­te te wees om nie die ei­land Zan­zi­bar te be­soek nie.

Dis op die ou s­pe­se­ry­roe­te tus­sen A­fri­ka en die Oos­te en die ou hoof­stad, Sto­ne Town, is ryk aan ge­skie­de­nis en ar­gi­tek­tuur.

Bes­te tyd om te gaan

Die re­ën­sei­soen is om­trent die­self­de tyd as ons Suid-a­fri­kaan­se so­mer. Hou die baie ri­vier­oor­gan­ge (of ge­brek daar­aan) in dié tyd in ge­dag­te.

Hoe lank gaan dit duur?

Hier­die is ’n lang reis en ons stel voor jy gee jou­self min­stens twee we­ke.

E­PIES. Hier­die reis wys jou ’n he­le paar ju­we­le ver­der op met die oos­kus van A­fri­ka.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.