Ka­o­ko­land en Da­ma­ra­land, Na­mi­bië

Met net een mens per twee vier­kan­te ki­lo­me­ter, is dit die mees on­ge­rep­te en yl be­volk­te deel van Na­mi­bië. Be­soek een van die laas­te eg­te wil­der­nis­ge­bie­de ter wê­reld.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Ka­o­ko­land lê in die noord­wes­te­li­ke hoek van Na­mi­bië, tus­sen die Ho­a­ni­b­ri­vier in die sui­de en die Ku­ne­ne­ri­vier op die g­rens met An­go­la. Dit eindig aan die oos­te­kant teen die E­tosha Na­si­o­na­le Park en die S­ke­del­kus skei dit van die see aan die wes­te­kant. Da­ma­ra­land strek suid van die Ho­a­nib tot by S­wa­kop­mund.

Hoe­kom moet ek gaan?

Om Ka­o­ko­land en Da­ma­ra­land se mees af­ge­leë de­le te be­reik is ’n har­de­baard-4x4-a­von­tuur waar­voor jy noo­d­rant­soe­ne, ge­noeg wa­ter en brand­stof, twee tot drie spaar­wie­le en on­der­de­le moet saam­ry. Dit verg goeie be­plan­ning en jy moet dit nie al­leen doen nie.

Hoog­te­pun­te van Ka­o­ko­land is die be­ken­de Van Zyls­pas (lees op bl. 70), die beeld­sko­ne Ma­rien­fluss, Ru­a­ca­na- en E­pu­pa­wa­ter­fal­le en die wil­de o­li­fan­te, ka­meel­per­de, gems­bok­ke en re­nos­ters wat jy in droë ri­vier­lo­pe sal aan­tref. Ka­o­ko­land is die tuis­te van die Him­bas, ’n plaas­li­ke He­re­ro­stam.

In Da­ma­ra­land lê Brand­berg, Na­mi­bië se hoog­ste berg. Jy sal hon­der­de Boes­man­te­ke­nin­ge by T­wy­fel­fon­tein kry en oer­oue boom- fos­sie­le in die ver­steen­de woud na­by K­ho­rix­as. Die be­ken­de S­pitz­kop­pe-berg en Vin­ger­klip-rots is ook hier te vin­de.

Bes­te tyd om te gaan

Tus­sen Mei en No­vem­ber is die tem­pe­ra­tu­re ge­ma­tig. In die so­mer is dit bloe­dig warm in die dag en nie veel kou­er in die aand nie.

Hoe lank gaan dit duur?

Dis ’n gróót stuk aar­de. Gee jou­self tus­sen 2 en 3 we­ke en om alt­wee ge­bie­de te ver­ken. Val sog­gens voor 08:00 in die pad, want jy ry ge­woon­lik heel­dag tus­sen kamp­plek­ke, met min tus­sen­in.

LANGPAD. Tus­sen Pur­ros en Palm­wag, in die sui­de van die Ka­o­ko­land. Da­ma­ra­land lê nog voor!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.