MOUE OP­ROL-REI­SE

Moeg vir be­stem­mings waar jy deur die ska­res ver­dring word en lus vir ’n uit­da­ging? Rol jou moue op en kies koers na die stil­tes.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Net om­dat jy lus is vir ’n va­kan­sie, be­te­ken dit nie dat jy ook lus is om deur ’n an­der klomp va­kan­sie­gan­gers ver­dring te word nie. Daar­om het ons met ’n paar lek­ker voor­stel­le vo­ren­dag ge­kom waar jy nie som­mer laat­nag deur die mu­siek van Wor­sie Visser of jou buur­man se gas­stoof wak­ker ge­hou gaan word nie.

Die mees­te van hier­die do­syn rei­se gaan ’n bie­tjie meer voor­be­rei­ding en e­ner­gie as die luilekkerreise verg – jy sal dus jou moue daar­voor moet op­rol. Maar dis nie so on­doen­baar moei­lik dat jy ’n boen­doe­bre­ker hoef te wees om le­wend an­der­kant uit te kom nie.

KEUR­SPEL. Die Richtersveld mag teg­nies dalk ’n woes­tyn wees, maar hier is ’n oor­vloed van die­re en plan­te as jy mooi be­gin kyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.