Kru­ger­wild­tuin-4x4-roe­tes

Om op ’n werks­dag in die spits­ver­keer te suk­kel is ’n frus­tra­sie, maar as jy in die Kru­ger­wild­tuin in ’n ver­keers­knoop sit, wil jy jou ha­re uit jou kop trek. Gaan ry ’n paar 4x4-roe­tes in hier­die ge­wil­de park.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Die Kru­ger­wild­tuin strek oor ’n wye ge­bied in M­pu­ma­lan­ga en Lim­po­po. Die 4x4-roe­tes be­gin in die om­ge­wing van die kam­pe P­re­to­ri­us­kop, Sa­ta­ra, die P­ha­la­bor­wa-hek, S­hing­we­d­zi, Pun­da Ma­ria en Kro­ko­dil­brug.

Hoe­kom moet ek gaan?

Die 4x4-roe­tes ver­eis nie wit­kneu­kel-4x4-ry­werk nie, maar slegs 4x4’s word daar­op toe­ge­laat. Die twee­spoor­paad­jies gee jou die ge­leent­heid om van die ge­druis op die “hoof­roe­tes” weg te kom.

Mad­la­ban­tu (42 km) Be­gin: P­re­to­ri­us­kop Ry­tyd: So­wat 4 uur

’n Paar ri­vier- en stroom­oor­gan­ge hou die roe­té, waar­van die naam “mens­vre­ter” be­te­ken, op­win­dend. ’n Hoog­te­punt is die Mts­ha­wu-dam, waar jy heel­wat wild sal sien wa­ter drink. Kyk uit vir skaars wild­soor­te soos swartwitpense en tses­se­bes, so­wel as wit- en swart­re­nos­ters.

Ma­nan­ga (48 km) Be­gin: 11 km van Sa­ta­ra Ry­tyd: So­wat 6 uur

Die naam van die roete be­te­ken “wil­der­nis” en die pad loop deur oop gras­vlak­tes met knop­pies­do­ring- en ma­roe­la­bo­me. Vier twee­spoor­paad­jies (jy kan met e­nig­een ry) kom by twee wind­pom­pe by­me­kaar in ’n ge­bied wat deur die H1-4, S90, S41 en die be­ken­de S100 om­ring word. Ver­al die S100 het ge­woon­lik baie wild. By die wind­pom­pe is ’n lek­ker wa­ter­gat vir wild­kyk. Wag hier vir die wild om na jóú te kom.

Waar­sku­wing: Jou groot­ste vas­val­kans is by die vlei­lan­de op die pad suid van die wind­pom­pe en die se­ment­dam.

No­no­ka­ni (46 km) Be­gin: P­ha­la­bor­wa-hek Ry­tyd: So­wat 4 uur

Die rit neem jou ver­by die Re­ën­vo­ël­dam, wat ’n lek­ker wild­kyk­plek is. Ry daar­na langs die O­li­fants­ri­vier te­rug na die af­ge­leë Sa­ble-dam, wat be­kend is as ’n pa­ra­dys vir vo­ël­ky­kers.

Nort­hern Plains (49 km)

Die roete be­gin 12 km noord van die Ba­ba­la­la-piek­niek­plek op die H1-7 en loop eers oos deur die mo­pa­nie­bos­veld. Na­ma­te jy noord draai, ver­an­der dit na sand­veld. Die roete eindig op die H1-8 na­by Bo­a­bab Hill. Kyk uit vir bas­ter­gems­bok­ke en e­lan­de, en skaars vo­ël­spe­sies soos die kuif­kop­ta­ren­taal, kon­koit en grys­kop­vis­van­ger.

Lan­ger roe­tes

As jy lus het om ’n lan­ger veld­ry­roe­te in die Kruger aan te pak, be­spreek plek op die be­ge­lei­de Ma­l­o­pe­ni-e­ko­roe­te (2 dae) of die Le­bom­bo-4x4-e­ko­roe­te (5 dae). Jy moet heel­te­mal self­ver­sor­gend op al­bei roe­tes wees – en dus al jou be­no­digd­he­de in­bring, en al­les self weer uit­ry. So hier en daar sal jy ’n put­toi­let kry. Die Ma­l­o­pe­ni-roete neem jou deur die noord­oos­te van die wild­tuin tot by die Le­ta­ba-ri­vier, ter­wyl die Le­bom­bo-roete van die ver­re sui­de tot by die ver­re noor­de strek. Groe­pe op die Le­bom­bo-roete vertrek Son­dae van­af Kro­ko­dil­brug.

Bes­te tyd om te gaan

In die re­ën­sei­soen (so­mer) is som­mi­ge van die paaie on­be­gaan­baar en sluit hul­le die roe­tes. Die Le­bom­bo4x4-roete kan net van A­pril tot Ok­to­ber ge­ry word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.