LUILEKKERREISE

Pak die kin­ders en skoon­ma in die 4x4 en ver­ken de­le van Suid-a­fri­ka en ons buur­lan­de - van die pas­se in die Wes-kaap tot die on­be­ken­de ag­ter­paaie van Na­mi­bië. Op dié rei­se sal groen­tjies kan oor­leef son­der dat hul­le voer­tuie of tan­de in die slag bly.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Jy kry ge­har­de 4x4-be­stem­mings – daai plek­ke waar jy al­les moet saam­ry en vir dae geen mens of deel­tjie van die be­ska­wing sien nie. En dis lék­ker om na sul­ke be­stem­mings te gaan en op ’n an­der ma­nier as op kan­toor klip­pe te kou. Maar op ’n dag is jy lus om som­mer in jou voer­tuig te klim en in die pad te val vir ’n dag, die na­week of ’n week son­der om ton­ne her­wi­nings- toe­rus­ting saam te sleep of maan­de voor­uit te be­plan. Ons het op kan­toor ’n el­le­lan­ge lys saam­ge­stel van lui­lek­ker-be­stem­mings vir 4x4-ry­ers, maar ná ’n he­wi­ge de­bat dit in­ge­kort tot ’n do­syn plek­ke wat ons voel jy maar op die em­mer­skop­lys kan sit. Dis steeds “heel­pad grond­pad”, maar da­rem ef­fens mak­ker as die “moue-op­rol-be­stem­mings” la­ter in die tyd­skrif. Die roe­tes wis­sel in leng­te, so kies iets wat in jou be­hoef­tes pas.

DIS DIE LE­WE. Dis vol­maan op ’n kol tus­sen Vi­ool­drif en Good­hou­se in die Ko­a­val­lei, waar die ko­ning­kre­me­tart oor jou wag hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.