Sand­wich-ha­we, Na­mi­bië

’n Ent­jie suid van Wal­vis­baai wag ’n on­ont­dek­te ju­weel vir a­von­tuur­lus­ti­ge rei­si­gers.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Sand­wich-ha­we is so­wat 45 km suid van Wal­vis­baai in die Na­mib-nau­kluft­park.

Hoe­kom moet ek gaan?

Sand­wich-ha­we is ’n af­ge­leë kus­ge­bied waar die see en die woes­tyn kom blad­skud het.

Reus­ag­ti­ge woes­tyn­dui­ne to­ring om­trent 100 me­ter bo die s­trand uit en stort dra­ma­ties in die see. Dis ’n ge­bied van groot e­ko­lo­gie­se be­te­ke­nis en ’n Unesco-wê­reld­er­fe­nis­ge­bied (weens die u­nie­ke rol wat die mis­laag oor die see in die voort­be­staan van die plan­te en die­re speel). Dis ook ’n baie be­son­der­se Ram­sar-vlei­land­ge­bied en een van die top-drie vo­ël­kyk­be­stem­mings in A­fri­ka. Meer as 40 000 vo­ëls van 34 spe­sies is in ’n on­lang­se pei­ling hier op­ge­merk.

Hoe­wel die uit­stap­pie kort is, be­skou ons dit as ’n moue-op­rol-reis om­dat dit ’n ri­si­ko vir jou voer­tuig in­hou.

Die ge­bied is be­rug vir die­self­de ver­ra­der­li­ke nat sand van die Mak­ga­dik­ga­di-pan­ne in Botswa­na, en voer­tuie het ook al hier hul­le mo­ses te­ë­ge­kom. Jy kan die ge­bied nét met laag­wa­ter be­reik. As die hoog­wa­ter jou hier vang, gaan jy lang tra­ne op jou ver­se­ke­raar se skou­er huil. Maar dis ’n ys­li­ke sand­put vir duin­ry­ers.

Bes­te tyd om te gaan

In die re­ën­sei­soen is dit ge­vaar­lik om op die sout­pan­ne te ry en sal baie van die toer­a­gent­skap­pe wei­er om hul­le voer­tuie soon­toe te stuur. Jy is ge­waar­sku! As jy tus­sen Ju­lie en No­vem­ber daar is, sal jy dalk ook wal­vis­se in die baai op­merk.

Hoe lank sal dit duur?

Sand­wich-ha­we self is ’n dag-uit­stap­pie (som­mi­ge toer­a­gent­skap­pe bied selfs half­dag-uit­stap­pies soon­toe aan). Maar ver­ken ook Wal­vis­baai en die Na­mib-nau­kluft, wat ’n be­son­der­se woes­tyn­park is. Kry voor­af ’n per­mit by Na­mi­bië se De­par­te­ment van Om­ge­wing­sa­ke en Toe­ris­me.

SEE EN SAND. Jy kan Sand­wich-ha­we net met laag­wa­ter be­reik, maar met meer as 40 000 vo­ëls in die om­ge­wing, is dit die ge­suk­kel werd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.