Oos-kaap­se Dra­kens­berg

Die Voor­trek­ker­vroue was be­reid om kaal­voet daar­oor te stap, maar dees­dae kan ons die grond­paaie in ’n 4x4 ver­ken.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Die Dra­kens­ber­ge is die oos­te­li­ke deel van die sen­tra­le pla­to­rand en vorm die g­rens tus­sen Le­so­tho en die Oos-kaap en K­wazu­lu-na­tal.

Die berg­reeks strek ook oor de­le van M­pu­ma­lan­ga en Lim­po­po, maar die bes­te 4x4-roe­tes – glo ons – is aan die Oos-kaap­se kant ge­leë. Le­so­tho is na­tuur­lik self ’n puik 4x4-be­stem­ming – lees regs bo meer daar­oor.

Hoe­kom moet ek gaan?

Ver­skeie le­gen­da­rie­se grond­pad­pas­se kom hier in ’n knoets voor: Lun­de­ans­nek, Nau­dés­nek (lees ook bl. 66), die Bas­ter voet­pad, Jou­berts­pas, Bark­ly­pas, Car­lis­les­hoek en Vo­lun­teers­hoek. In ’n week of so kan jy hier ’n he­le paar van SA se i­ko­nie­se grond­pad­pas­se van jou em­mer skop­lys af­tik.

El­ke pas het sy eie ka­rak­ter en ge­skie­de­nis.

Car­lis­les­hoek­pas hou by­voor­beeld in die berg­fiets­wê­reld die re­kord vir die roete wat die mees­te ge­breek­te sleu­tel­be­ne in een wed­ren op­ge­le­wer het, ter­wyl Jou­berts­pas deur se­we boe­re ge­bou is waar­van vyf die van Jou­bert ge­had het.

Die Vyf­pond­draai op die ou Bark­ly­pas het weer glo sy naam ge­kry om­dat die as­se by die do­sy­ne op hier­die stuk pad ge­breek het, en ’n boer op 5 pond per as aan­ge­dring het as jy daar in die moei­lik­heid be­land het.

Bes­te tyd om te gaan

Die mees­te van die pas­se ver­spoel in die re­ën­sei­soen (so­mer) en is dan heel­te­mal on­be­gaan­baar, maar die win­ter bring sneeu en bit­ter koue weer. Hou maar die weer­voor­spel­ling dop.

Hoe lank gaan dit duur?

As jy rus­tig wil ry en die om­ge­wing ge­niet, is dit realisties om twee pas­se per dag te ry, maar moe­nie pro­beer om meer as drie per dag af te lê nie. Dit gaan jou ’n vol­le dag kos om die Bas­ter­voet­pad te ry, en daar­voor moet jy op Ma­cle­ar oor­nag. SuidA­fri­ka se e­nig­ste ski-oord, Tif­fin­dell, is na­tuur­lik in die om­ge­wing, wat ’n ek­stra dag of twee by jou reis kan voeg.

KRON­KELS EN DRAAIE. Nau­dés­nek is net een van die prag­ti­ge roe­tes wat jy in hier­die pas­pa­ra­dys kan ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.