Hun­ters Ro­ad, Botswa­na

By hier­die strook grond langs die g­rens van Zim­bab­we en Botswa­na gaan jy mak­lik ry in die win­ter, maar suk­kel ná die so­mer­re­ëns.

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Dit is die stuk grond tus­sen Ka­sa­ne (in die noor­de) en Na­ta (in die sui­de) van Botswa­na. Die 4x4-roete loop pa­ral­lel met die A33. Hun­ters Ro­ad was aan die ein­de van die 1800’s die ver­naam­ste han­dels­roe­te tus­sen Suid-a­fri­ka en Ka­zun­gu­la aan die Zam­be- zi-ri­vier, en de­ka­des ge­le­de ’n ge­wil­de ma­nier om die Vic­to­ria-wa­ter­val te be­reik.

Hoe­kom moet ek gaan?

Die ge­bied strek oor van die mooi­ste jag­kon­ses­sie­ge­bie­de, wou­de en stam­grond in A­fri­ka. As jy nie hier wild sien nie, moet jy jou oë laat toets.

Bes­te tyd om te gaan

Ken jy die uit­druk­king “jou turf sit”? Dis vir Hun­ters Ro­ad se be­rug­te “black cot­ton soil” uit­ge­dink. On­be­son­ne rei­se in die re­ën­sei­soen hier­heen word ge­woon­lik oor ’n paar bie­re uit­ge­dink. Dié wat dit al in die re­ën­sei­soen soon­toe ge­waag het, sê dis ’n “groot nee”.

As die paaie reg­tig sleg is, is die H­wan­ge Na­si­o­na­le Park aan die Zim­bab­we-kant van die g­rens ’n goeie Plan B.

Be­lang­rik

Teen druk­tyd kon ons nie ge­rug­te be­ves­tig dat teen­stro­pings­een­he­de toe­ris­te tans van Hun­ters Ro­ad weg­keer nie. Ont­hou te al­le tye dat Botswa­na ’n be­leid van skiet-eers-en-vra-la­ter­vrae jeens stro­pers volg. Hou ’n plan ge­reed as jul­le dalk ge­vra word om die ge­bied te ver­laat.

MOLESTE. As die wa­ter langs die Hun­ters Ro­ad só diep lê, gaan jy moei­lik­heid hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.