Gam­kas­kloof (Die Hel)

WegRy Vat Die Pad - - Inhoud -

Waar is dit?

Jy kry die af­draai na die Gam­kas­kloof so­wat 7 km van die kruin op die Swart­berg­pas (tus­sen Oudts­hoorn en Prins Al­bert).

GPS by die be­gin van die roete

S33.344449 E21.899245

Het ek ’n 4x4 no­dig?

Dis nie nood­saak­lik as dit droog is nie, maar jy het goeie grond­vry­hoog­te no­dig. In sleg­te weer gaan ’n 4x4 jou bas red.

Wat maak die pas spe­si­aal?

Uit die oog­punt van die na­tuur­skoon is dit die he­mel, on­ge­ag die in­ti­mi­de­ren­de naam “Die Hel”. Daar is hon­der­de kron­kels en draaie, tien­tal­le drif­fies en ’n a­sem­ro­wen­de uit­sig oor die kloof wat met­ter­tyd voor jou ont­vou. En dan die feit dat dit jou ge­woon­lik 2 ½ uur neem om daai 50 ki­lo­me­ter soon­toe af te lê. Ons be­veel aan dat jy in een van Ca­pe Na­tu­re se prag­ti­ge self­sorg-kot­hui­se on­der in die kloof oor­nag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.